Category Archives: Family law

Onderhoud

A4Wat kan gedoen word om ‘n onderhoudsbevel af te dwing teen ‘n persoon wat verantwoordelik is daarvoor om onderhoud te betaal, maar versuim om dit te betaal of te min betaal?

Indien ‘n persoon wat verplig is om onderhoud te betaal, dit nie doen nie, kan die persoon wat geregtig op onderhoud is ‘n klag by die Onderhoudsbeampte van die geskikte landdroshof aanhangig maak. Die Onderhoudsbeampte moet dan die klagte ondersoek en kan dan ‘n ondersoek instel in ‘n onderhoudshof. Die Onderhoudsbeampte, en nie die klaer nie, maak die finale beslissing of ‘n ondersoek  ingestel moet word al dan nie.1 Tydens die ondersoek kan die Onderhoudsbeampte enige verklarings of enige relevante inligting met betrekking tot die betaling van onderhoud versoek. ‘n Ondersoek kragtens die Wet op Onderhoud kan in kort gedefinieer word as ‘n proses wat mense bemagtig om hul regte en dié van hul kind(ers) op die Staat se onkoste af te dwing. Gedurende die onderhoudsondersoek kom die partye gewoonlik tot ‘n ooreenkoms en versoek om die verrigtinge te onttrek of versoek dat die terme van die ooreenkoms ‘n bevel van die hof gemaak word. Hierdie bevel kan nie verontagsaam word deur die partye nie.2 Indien die partye nie tot ‘n ooreenkoms kan kom rakende die bepalings in terme van onderhoud nie, sal die aangeleentheid na die onderhoudshof verwys word.

Indien die hof ‘n onderhoudsbevel toestaan kragtens die Wet, en sodanige persoon versuim om enige betaling ooreenkomstig die bevel te maak, moet die klaer die bevel afdwing deur:

1) eksekusie teen eiendom;

2) ‘n besoldigingsbeslagbevel; of

3) skuldbeslaglegging.

Indien onderhoudsgelde in terme van ‘n onderhoudsbevel kragtens die Wet uitstaande bly vir ‘n tydperk van tien dae vanaf die dag waarop die bedrag betaalbaar was of van wanneer die bevel toegestaan is, kan die persoon ten gunste van wie die bevel gemaak is in die onderhoudshof aansoek doen vir die volgende:

1) die uitreiking van ‘n lasbrief vir eksekusie, 2) die uitreiking van ‘n besoldigingsbeslagbevel of 3) ‘n bevel vir skuldbeslaglegging. Die aansoek moet vergesel word van ‘n afskrif van die oorspronklike onderhoudsbevel of ander bevel en ‘n eedverklaring wat vasstel wat die uitstaande onderhoudsbedrag is.3

‘n Persoon wat verplig is om onderhoud te betaal en versuim om dit te doen, kan skuldig bevind word aan ‘n misdryf wat strafbaar is met ‘n boete of gevangenisstraf. Die staatsaanklaer kan die hof nader vir ‘n beslissing dat die agterstallige onderhoud betaal moet word, tesame met of in plaas van die uitvoering van ‘n boete of tronkstraf.4

Met die aansoek van die staatsaanklaer en addisioneel tot of in plaas van die oplegging van ‘n straf, kan die hof ‘n bevel uitreik aan enige persoon wat  skuldig is aan versuim om ‘n betaling te maak ooreenkomstig ‘n onderhoudsbevel, vir die invordering vanaf daardie persoon van die bedrag wat hy of sy versuim het om te betaal, plus enige rente.5

In die geval waar jy in die situasie geplaas word waar jou vorige gade nie die onderhoudsbevel nakom nie, sal jou beste opsie wees om die Onderhoudsbeampte te nader om die uitstaande bedrae te bereken. Daarna, as die persoon steeds versuim om die betaling te maak, kan ‘n prokureur genader word om voort te gaan met die uitvoering van die bevel, indien die persoon voldoende roerende of vaste eiendom besit, of ‘n besoldigingsbevel teen die persoon kry wat op die werkgewer van die persoon beteken word, of die onderhoudshof kan genader word vir ‘n bevel vir die beslaglegging van enige skuld wat, nou of toekomstig, aan die persoon verskuldig is.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

____________________________________

1Die Wet op Onderhoud 99 van 1998.

2Young v Young 1985(1) SA 782 (C).

3 Die Wet op Onderhoud 99 van 1998.

4 Ibid.

5 Ibid.

Onderhoud: Nie net vir minderjariges nie

A4Wanneer die woord “onderhoud” genoem word, dink baie mense aan vroue wat onderhoud vir minderjarige kinders eis of alternatiewelik, vroue wat vir onderhoud van hul gewese mans eis. In hierdie artikel sal ons egter ‘n ouer se onderhoudseis teen hul volwasse kinders bespreek.

Mike Larry het ‘n dagvaarding van die Onderhoudshof ontvang om drie weke later vir ‘n onderhoudsaak te verskyn, maar Mike het geen vrou of kinders nie en het verward gewonder of die Hof dalk ‘n fout gemaak het. Mike het die Onderhoudshof bygewoon om uit te vind of daar dalk ‘n fout in die dokumentasie was. Wat hy uitgevind het, het sy moed laat sak en kort daarna sy bankrekening ook.

Mike se vader, Jermaine, het ‘n aansoek voor die Onderhoudshof gebring vir onderhoud vanaf Mike, aangesien hy geen werk gehad het nie en dus geen inkomste nie. Mike het sy prokureur gevra of dit moontlik is, en die antwoord was bevestigend.

Volgens die Wet op Onderhoud 99 van 1998 het ouers en kinders ‘n wedersydse onderhoudsplig. ’n Kind het ‘n plig om sy ouers en grootouers te onderhou, maar dit is altyd onderworpe aan die reël dat ondersteuning eerste van die naaste familielid geëis moet word. Die basis van ‘n kind se plig om sy ouers te onderhou is gegrond in die gevoel van pligtigheid of filiale jammerte (met betrekking tot of vanaf ‘n seun of dogter). In sekere omstandighede kan selfs ‘n minderjarige kind ‘n plig hê om sy ouers te onderhou. ‘n Ouer wat onderhoud van ‘n kind eis, moet sy of haar behoefte bewys, asook die kind se vermoëns om hom/haar te ondersteun. ‘n Strenger maatstaf van nood is op ouers as kinders toegepas; hulpbehoewendheid van ‘n ouer is hiervoor ‘n vereiste.

Die owerhede het nie heeltemal duidelikheid oor bogenoemde nie. In Oosthuizen v Stanley het die Hof van die “kwaliteit en toestand van die persone wat ondersteun moet word” gepraat. In dieselfde saak is daarop gedui dat waar ‘n ouer ondersteun moet word, dit nie net die ouer se eie behoeftes is nie, maar ook dié van die ouer se afhanklikes wat in ag geneem moet word. In van Vuuren v Sam Rabie het die regter na dieselfde maatstaf verwys, maar het beklemtoon dat die ondersteuning van ouers tot die basiese behoeftes beperk moet word, naamlik kos, klere, skuiling, medisyne en sorg in tye van siekte. Ter ondersteuning hiervan het die Regter verwys na Surdus v Surdus en gesê dat, in die beoordeling van die kwaliteit en toestand van die persoon wat ondersteun moet word se lewe, dit hoofsaaklik sy huidige en nie sy vorige situasie is nie wat oorweeg moet word, maar dat die Regter sy eie diskresie moet uitoefen in die bepaling hiervan. Byvoorbeeld, ‘n ouer wat voorheen ryk was en nou deur moeilike tye gegaan het, moenie verplig wees om arm-manskos te eet nie. Daar is aangevoer dat die maatstaf van behoefte nie so streng vertolk moet word dat dit die hele konsep van ‘n wedersydse verpligting vernietig nie.

Die volgende kan ook oorweeg word wanneer ‘n ouer aansoek doen om onderhoud vanaf sy/haar kind:

1. Broers en susters;
2. Ekstra inkomste; en
3. Lewenskwaliteit.

In terme van die gemenereg het ‘n buite-egtelike kind ‘n plig om sy/haar ma te onderhou, maar of die pa ondersteun moet word, moet nog beslis word. Daar kan egter aangevoer word dat ‘n buite-egtelike kind aanspreeklik kan wees om sy/haar pa te onderhou in terme van Artikel 16 van die Kinderwet 38 van 2005.

Ten slotte, as jy voel dat jy onregverdig vir ‘n onderhoudseis geteiken word, raadpleeg beslis jou prokureurs sodat hulle jou kan inlig oor jou regte en verantwoordelikhede.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

The ABC of the adoption of children

A3Section 229 of the Children’s Act states that the purpose of the adoption procedure is to protect and nurture children in a safe, healthy environment with positive support, and to promote the goals of permanency planning by connecting children to other safe and nurturing family relationships intended to last a lifetime.

When can a child be adopted?

In terms of Section 229 of the Children’s Act, any child can be adopted if:

  1. it is in the best interest of the child;
  2. the child is adoptable; and
  3. the requirements of Chapter 15 of the Act, which deals with adoption of children, are complied with. 

A social worker determines whether a child is adoptable by establishing whether the child meets the requirements set out in Section 230(3) of the Children`s Act.

A child is adoptable when:

  1. the child is an orphan who has no guardian who is willing to adopt the child;
  2. the location or whereabouts of the natural parent or guardian of the child cannot be determined;
  3. the child is left behind (abandoned);
  4. the child’s natural parent or guardian abused or deliberately neglected the child, or allowed the child to be abused or willfully neglected;
  5. the child needs an alternative permanent displacement.

Who may adopt a child?

Section 231 of the Children’s Act states that a child may be adopted by:

  1. a husband and wife jointly;
  2. partners in a permanent domestic life partnership (cohabitation relationship), jointly;
  3. persons who share a common residence and form a permanent family unit, together;
  4. a widow, widower, divorced or unmarried person;
  5. a married person whose spouse is the parent of the child or a person whose permanent cohabiting partner is the parent of the child;
  6. the biological father of an illegitimate child;
  7. a foster parent of the child. 

These individuals must meet the following requirements as set out in Section 231(2) in terms of which the adoptive parent must be:

  1. fit and proper to be entrusted with full parental responsibilities and rights in respect of the child;
  2. willing and able to undertake, exercise and maintain the parental responsibilities and rights of the child;
  3. over the age of 18 years;
  4. properly assessed by an adoption social worker for compliance with paragraphs one and two. 

It is important to note that a person shall not be disqualified to adopt a child because of his/her financial ability.

What is the effect of an adoption order? 

ON PERSONS FORMERLY INVOLVED IN THE CHILD’S LIFE:

Unless there is a pre-adoption agreement that is accepted and confirmed by the Court, an adoption will terminate or make the following void:

  1. Parental responsibilities and rights of any person, including a parent, step-parent or cohabitation partner, that he/she had before the adoption.
  2. All claims of contact with the child by any family member or person mentioned above;
  3. All rights and responsibilities that the child had with respect to the abovementioned persons and any previous placement order regarding the child [Section 242(1) of the Children’s Act]. 

ON ADOPTIVE PARENTS:

The adoption order transfers full parental responsibilities and rights on behalf of the child to the adoptive parents.

  1. The child assumes the surname of the adoptive parents unless otherwise stated in the Court order.
  2. The adoptive parents are not permitted to allow any marriage or sexual intercourse between the child and any other person who would also have been prohibited from doing so before the adoption.
  3. Finally, the adoption order determines that any property rights the child may have shall not be affected by the adoption [Section 242 (1) of the Children’s Act].

An adopted child must be regarded as the “child” of the adoptive parents and the adoptive parents as the “parents” of the adopted child.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

Hantering van die huwelik en boedelbeplanning

A1Dit is belangrik om die wetlike implikasies van die huweliksgoedere-bedeling te verstaan.

Dit is veral  belangrik tydens die opstel van testamente asook by die aangaan van ‘n huwelik, aangesien die bedeling wat ter sprake is, die bates sal beïnvloed.

Die belangrikste vorme van huweliksgoedere-bedeling is die huwelik binne gemeenskap van goedere, die huwelik buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting van die aanwasbedeling, en die huwelik buite gemeenskap van goedere met die insluiting van die aanwasbedeling.

Huwelik binne gemeenskap van goedere

  1. Daar is geen vooraf kontraktuele ooreenkoms nie, afgesien van trou;
  2. Gades het nie twee afsonderlike boedels nie;
  3. Daar is ‘n gemeenskaplike boedel en elke gade het ‘n aandeel van 50% in elke bate in die boedel, ongeag in wie se naam dit geregistreer is;
  4. Dit geld vir die bates verkry voor die huwelik asook tydens die huwelik;
  5. Indien een gade skuld aangaan in sy/haar eie naam, sal sy/haar gade outomaties daardeur gebind word en ook aanspreeklik gehou word vir die skuld;
  6. Indien ‘n sekwestrasie plaasvind (in die geval van insolvensie), sal die gemeenskaplike boedel gesekwestreer word. 

Huwelik buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting van die aanwasbedeling

  1. ‘n Notariële huweliksvoorwaardekontrak (HVK) word  voor die sluiting van die huwelik opgestel deur ‘n prokureur (wat geregistreer is as ‘n notaris);
  2. Indien daar geen kontrak bestaan nie, sal die huweliksbedeling outomaties binne gemeenskap van goedere wees;
  3. Die waardes van elke gade se boedel by huweliksluiting word in hierdie kontrak vervat;
  4. ‘n Huwelik met ‘n HVK beteken dat al die eiendom wat deur die gades besit word voor die datum van huweliksluiting, die eiendom van die betrokke gade sal bly;
  5. Elke gade het volle beskikkingsreg oor sy/haar eie bates (met ander woorde sonder vooraftoestemming van die ander), alhoewel daar ‘n plig rus op elke gade om volgens sy/haar vermoë by te dra tot die gesamentlike huishoudelike uitgawes;
  6. Bates verkry in die loop van die huwelik sal slegs die uitsluitlike eiendom van een gade bly indien die aanwasbedeling uitdruklik deur die gades uitgesluit word.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met die insluiting van die aanwasbedeling

  1. Die huwelik buite gemeenskap van goedere sluit outomaties die aanwasbedeling in, tensy dit uitdruklik deur die gades in die HVK uitgesluit word;
  2. Eers met ontbinding van die huwelik tree die aanwasbedeling in werking en moet groei van elke gade se boedel vasgestel word.

BOEDELBEPLANNING

Skenkings tussen gades is vrygestel van skenkingsbelasting asook boedelbelasting.

Huwelik binne gemeenskap van goedere

  1. In die geval van die dood van ‘n eggenoot het die langslewende gade ‘n eis vir 50% van die waarde van die gesamentlike boedel en word die werklike waarde van die boedel derhalwe  verminder met 50%. Die boedel word eers verdeel nadat al die skuld vereffen is (begrafniskoste en boedelbelasting word hierby uitgesluit, aangesien die oorledene en nie die gemeenskaplike boedel nie, hiervoor aanspreeklik is).
  2. By die opstel van ‘n testament is dit belangrik dat gades wat getroud is binne gemeenskap van goedere, bewus moet wees daarvan dat hy/sy slegs die helfte van ‘n bate bemaak.
  3. By die dood van ‘n eggenoot word alle bankrekenings gevries (selfs al is die rekenings slegs in een van die gades se naam). Dit kan ‘n invloed hê op likiditeit.
  4. Skenkings of erflatings aan iemand getroud binne gemeenskap van goedere kan ook uitgesluit  word van die gemeenskaplike boedel. Die skenker kan met ander woorde bepaal dat die skenking nie binne die gemeenskaplike boedel moet val nie. Die ontvanger daarvan sal dan ‘n afsonderlike    boedel kan opbou maar die opbrengs van sodanige afsonderlike bates sal weer binne die gesamentlike boedel val.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting van die aanwasbedeling

Elke boedelbeplanner (gade) behou besit van bates wat voor die huwelik verkry is.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met die insluiting van die aanwasbedeling

‘n Skenking van een gade aan die ander gade word uitgesluit by die berekening van elke gade se aanwas. Die ontvanger van die geskenk kan dit met ander woorde nie in berekening bring wanneer die groei van sy/haar aanwas vasgestel word nie en die skenker se aanwas word outomaties verminder met die skenkingsbedrag.

EGSKEIDING

In die geval van egskeiding word die huwelik ontbind deur ‘n hofbeslissing en sal die hof dan aspekte soos onderhoud vir ‘n kind, kontak (toegang), voogdyskap en sorg (toesig), onderhoud vir die gade, die verdeling van bates, verdeling van pensioenbelange, ensovoorts bepaal. 

SAAMWOON EN DIE DEFINISIE VAN ‘GADE’

“Saamwoon” word gedefinieer as ‘n stabiele, vaste verhouding waar ‘n paartjie wat nie wil of kan trou nie, saamleef as gades. Die Wysigingswet op Belastingwet het die definisie van “gades” uitgebrei deur ook in te sluit “a same sex or heterosexual union which the Commissioner is satisfied is intended to be permanent”.

Verskeie stukke wetgewing soos die Wysigingswet op Pensioenfondse en Wysigingswet op die Belastingwet, definieer “gade” om ook ‘n lewensmaat in ‘n saamwoonverhouding, in te sluit. Die effek is  dat saamwoon-lewensmaats voordeel trek uit die artikel 4(q)-boedelbelastingaftrekking soos bepaal in die Boedelbelastingwet, en die skenkingsbelastingvrystelling van die Inkomstebelastingwet.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Verandering van huwelikstatus na ’n ander vorm van huwelikskontrak

A4Artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere Nr 88 van 1984 bepaal dat ‘n man en vrou gesamentlik by die hof kan aansoek doen om verlof om die huweliksgoederebedeling wat van toepassing is op hulle huwelik, te verander.

Vereistes

Die hofuitspraak van Lourens et Uxor 1986(2) SA 291 (C) stel riglyne daar wat die hof moet volg met betrekking tot aansoeke kragtens artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere.

Die Wet bevat die volgende vereistes waaraan partye moet voldoen om hul huweliksgoederebedeling te verander:

  • Daar moet goeie redes vir die voorgestelde verandering bestaan.

Volgens die Suid-Afrikaanse reg moet partye wat buite gemeenskap van goedere getroud wil wees ‘n voorhuwelikse kontrak aangaan voordat die huwelik gesluit word. Indien hulle versuim om dit te doen, is hulle outomaties getroud binne gemeenskap van goedere. Natuurlik is daar baie mense wat onbewus is van hierdie bepaling, dus moet hulle in staat wees om die hof te oortuig dat hul huweliksgoederebedeling verander moet word indien dit hul uitdruklike voorneme was dat hulle buite gemeenskap van goedere getroud wou wees.

  • Voldoende kennis van die voorgestelde wysiging moet gegee word aan alle skuldeisers van die gades.

Die Wet vereis dat kennisgewing van die partye se voorneme om hul huweliksgoederebedeling te verander aan die Registrateur van Aktes gegee moet word, dat dit in die Staatskoerant en twee plaaslike koerante gepubliseer moet word ten minste twee weke voor die datum waarop die aansoek aangehoor sal word, en dat dit per gesertifiseerde pos aan al die bekende skuldeisers van die gades gestuur moet word. Verder moet die konsep Notariële Kontrak/ Huweliksvoorwaardekontrak wat die partye wil laat registreer, by hul aansoek aangeheg wees.

  • Die hof moet oortuig wees dat geen ander persoon benadeel sal word deur die voorgestelde verandering nie.

Die hof moet tevrede wees dat die regte van skuldeisers van die partye nie beswaar word in die voorgestelde kontrak nie. Die aansoek moet dus voldoende inligting bevat oor die partye se bates en laste om die hof in staat te stel om te bepaal of daar goeie redes bestaan vir die voorgestelde verandering en of enige bepaalde persoon deur sodanige verandering benadeel sal word al dan nie. Sodra die hof tevrede is dat daar aan die vereistes voldoen is, kan dit gelas dat die bestaande huweliksgoederebedeling nie meer van toepassing is op hul huwelik nie en hul magtig om ‘n Notariële Kontrak/Huweliksvoorwaardekontrak te laat registreer waardeur hulle toekomstige huweliksgoederebedeling op sodanige voorwaardes as wat die hof goeddink, gereguleer gaan word.

Daar moet ook duidelik gestel word of een van die partye nie in die verlede gesekwestreer is nie, en indien wel, wanneer en in watter omstandighede. Die saaknommer van enige rehabilitasie-aansoek moet ook verstrek word.

Verder moet gestel word of daar enige hangende regsgedinge is waar ‘n skuldeiser poog om beweerde skuld verskuldig deur die egpaar of een van die twee, in te vorder.

Daar moet sorg gedra word dat die voorgestelde verandering in die bestaande huweliksgoederebedeling volledig gemotiveer word. Aansoekers moet verduidelik hoekom geen ander persoon benadeel sal word deur die voorgestelde verandering nie. In elk geval moet die bevel waarvoor gevra word en die konsep Notariële Kontrak/ Huweliksvoorwaardekontrak wat geregistreer moet word, ‘n bepaling bevat wat die regte van reeds bestaande krediteure beskerm.

Die aansoek moet bekend maak waar die partye gedomisilieerd is. Indien daar ‘n onlangse verandering in domisilie of verblyf was, moet dit so openbaar gemaak word dat die hof kan oorweeg of die aansoek in die gepaste forum gebring is en of bykomende kennis van die aansoek gegee moet word al dan nie. Gewoonlik word die aansoek gebring in die hof in wie se regsgebied die partye gedomisilieerd en gewoonlik woonagtig is.

Die negatiewe sy

Ongelukkig is die aansoek  duur omdat albei gades aansoek moet bring in die Hooggeregshof op kennisgewing aan die Registrateur van Aktes en aan alle bekende krediteure, om verlof te kry om ‘n Notariële Kontrak/Huweliksvoorwaardekontrak te registreer wat die effek sal hê van ‘n nahuwelikse kontrak wat na registrasie die egpaar se nuwe huweliksgoederebedeling sal reguleer.

Die goedkoopste en beste opsie vir verloofde paartjies is om ‘n prokureur of notaris voor huweliksluiting te gaan sien ten einde ‘n behoorlike Huweliksvoorwaardekontrak te laat opstel wat die huweliksgoederebedeling van die egpaar sonder enige verwarring reguleer.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Die gemenereghuwelik in Suid- Afrika

A3Daar is geen gemenereghuwelik in die Suid-Afrikaanse reg nie. Mense glo dat deur vir ‘n aaneenlopende tydperk saam met iemand anders te woon, regte en verpligtinge tussen hulle gevestig word. Hierdie misverstand kom veral voor by jong volwassenes.

Die enigste manier om onder ons reg beskerming te geniet is deur ‘n universele vennootskapooreenkoms tussen die twee partye te sluit. So ‘n ooreenkoms gee duidelikheid oor die regte en verpligtinge van die partye. Hierdie ooreenkoms sal bepaal wat met die eiendom en bates van die partye gaan gebeur as hulle besluit om uitmekaar te gaan.  Hierdie universele vennootskapooreenkoms tussen die partye is nie afdwingbaar teenoor derdes nie. Slegs ‘n geldige huwelik is afdwingbaar teenoor derdes. Dit is belangrik om daarop te let dat vennote soms gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou kan word as hulle binne die bestek van die vennootskap optree. ‘n Ooreenkoms soos hierdie sal regtens bindend wees solank die bepalings nie immoreel of onwettig is nie. Sou daar geen ooreenkoms wees oor die ontbinding van ‘n universele vennootskapooreenkoms nie sal ‘n party slegs geregtig wees op die behoud van die bates wat hy of sy gekoop het en besit en sal hy of sy voorts geregtig wees daarop om proporsioneel die bates te deel volgens die bydrae wat elk tot die vennootskap gemaak het.

Om te bewys dat so ‘n ooreenkoms bestaan sal die partye die volgende moet kan aantoon:

  • Die doel van die vennootskap was om wins te maak.
  • Albei partye moes bygedra het tot die vennootskap.
  • Die bepalings moet tot voordeel wees van albei partye.
  • Die bepalings in die kontrak moet nie onregmatig wees nie.
  • Daar moet geldige wilsooreenstemming wees.
  • Daar is ‘n wedersydse voorneme om ‘n regtens geldige ooreenkoms te skep.

Waar daar geen uitdruklike ooreenkoms bestaan nie mag daar wel ‘n stilswyende ooreenkoms wees. So ‘n stilswyende ooreenkoms kan afgelei word as bevind word dat dit waarskynlik is dat sodanige ooreenkoms tussen die partye bereik is ten tye van hul saamwonery.

Omdat die bestaan van ‘n universele vennootskap moeilik is om te bewys is dit raadsaam om ‘n kontrak aan te gaan waarin uiteengesit word hoe daar met eiendom te werk gegaan moet word as die verhouding weens dood of om ‘n ander rede beëindig word. So ‘n kontrak sal ‘n mate van sekerheid vir die saamwoners skep oor die verdeling van bates en die afrekening van verpligtinge by beëindiging van die verhouding.

Sommige gevolge van ‘n verhouding waar daar nie ‘n geldige verbintenis tussen die partye bestaan nie, is:

  • Geen wedersydse verpligting om onderhoud te betaal nie.
  • Geen vrystelling van skenkingsbelasting in die geval van skenkings aan mekaar nie.
  • Geen voordeel ingevolge erfreg as een party intestaat sterf nie.
  • Geen reg op eiendom of bates van die saamwonende nie.
  • Geen wedersydse verpligting om by te dra tot huishoudelike noodsaaklikhede  nie.

Die ‘Domestic Partnership Bill’ van 2008 is steeds in sy formuleringstadium en daar sal gesien moet word hoe dit geïmplementeer word. In die huidige grondwetlike bedeling is dit onwaarskynlik dat ‘n vennoot in wanhoop gedompel sal word as die ‘Domestic Partnership Bill’ in berekening gebring word.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Boelies wees gewaarsku

01_BulliesRoelien van der Merwe was ernstig verontrus toe sy uitvind daar is ‘n webwerf wat verskriklike kommentaar oor haar kwytraak. Aanmerkings is oor haar gewig gemaak en dinge gesê wat impliseer dat sy vuil is.  Die webwerf het selfs andere genooi om aktief betrokke te raak en haar te beledig.

Die slagoffers van teistering (teistering sluit beledigende elektroniese kommunikasie, agtervolging en afknouery in) worstel al lank met gedrag wat neerkom op skending van hul regte maar wat nooit as `n kriminele oortreding beskou is nie en gevolglik nie wetlik strafbaar was nie.

Die langverwagte Wet op Beskerming teen Teistering 17 van 2011  het op 27 April 2013 in werking getree. Kragtens die Wet is teistering nie beperk tot  fisiese- en mondelinge mishandeling nie, maar sluit dit dreigemente of ongewenste aandag deur sosiale media en SMS-boodskappe in en kan persone wat hieraan blootgestel word ook om ‘n beskermingsbevel aansoek doen.

Wie geniet beskerming?

Die Wet maak dit moontlik vir enigiemand wat meen dat hy/sy geteister word om sonder regsverteenwoordiging die hof te nader vir `n beskermingsbevel.

`n Kind onder die ouderdom van 18 mag sonder die bystand van sy/haar ouers, of deur `n persoon wat namens die kind optree, aansoek doen om `n beskermingsbevel.

Verder, indien `n persoon nie in staat is om self  aansoek te doen om `n beskermingsbevel nie kan `n ander persoon wat `n wesenlike belang het om die teistering stop te sit, namens die geteisterde persoon aansoek doen om `n beskermingsbevel.

Watter beskerming word deur die Wet gebied?

Die Wet maak voorsiening vir ‘n spesiale prosedure waardeur `n aanvanklike hofbevel toegestaan word sonder onmiddellike kennis van die persoon wat die klaer teister. Die bevel word gebaseer slegs op die klaer se sy van die saak. Die hof sal onmiddellik die bevel toestaan indien hy tevrede is dat daar prima facie getuienis is dat die klaer geteister word, of moontlik geteister mag word, en dat skade gely word of gely mag word as die bevel nie toegestaan word nie.

Daar word dan `n datum bepaal waarop die persoon teen wie die bevel bekom is, redes kan aanvoer waarom die tussentydse bevel nie finaal gemaak moet word nie.

`n Beskermingsbevel kan aangepas word om voorsiening te maak vir die behoeftes van die klaer in sy/haar besondere situasie.  Dit beteken dat die hof die mag het om ‘n persoon te verbied om te teister of om ‘n handeling te pleeg wat in die beskermingsbevel gespesifiseer word.

`n Lasbrief vir arres kan tegelyk met die beskermingsbevel uitgereik word. Indien die persoon die bepalings van die beskermingsbevel oortree en voortgaan om die klaer te teister, kan die persoon dadelik gearresteer word.

Versuim om te voldoen aan die finale beskermingsbevel is `n kriminele oortreding en die oortreder kan ‘n boete of gevangenisstraf van nie langer nie as vyf jaar, opgelê word.

Hoe doen ek aansoek om `n beskermingsbevel?

Die klaer kan aansoek doen om ‘n beskermingsbevel deur `n aansoekvorm te voltooi by `n landdroshof waar hy/sy woon of werk, of by ‘n landdroshof waar die aanhitser van die teistering woon of werk.

Die klaer moet die redes uiteensit hoekom die beskermingsbevel benodig word en moet in besonderhede beskrywings verskaf van al die voorvalle van teistering wat hy/sy ervaar het.

Die klaer mag versoek dat die spesifieke handelinge van die teisteraar in die beskermingsbevel gelys word  en ook die hof  versoek om enige addisionele voorwaardes te stel wat nodig is om die klaer te beskerm en sy/haar veiligheid en welstand te verseker.

Om die klaer te beskerm sal  die fisiese huis- of werksadres van die klaer nie vermeld word in die beskermingsbevel wat aan die teisteraar voorsien word nie.

Boelies sal nou twee keer moet dink voordat hulle seksueel aanstootlike en ander beledigende materiaal stuur aangesien die lang arm van die gereg dit nie meer gaan duld nie.

Vir meer inligting skakel asseblief vir John Erasmus of Tana du Toit van ons kantore.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Vermaak by jou gunsteling plaaslike restaurant of kwekery: Wie is aanspreeklik vir jou kind se seerkry?

02_kidsresturantWie is aanspreeklik en wie  is  verantwoordelik vir veiligheid in hierdie situasies?Ongelukke gebeur so vinnig, die soort ongelukke wat ‘n dag van opwinding en vreugde in ‘n nagmerrie gevul met afgryse verander. Hierdie tipe fratsongelukke kan binne ‘n oogwink gebeur indien die nodige stappe nie geneem word om hulle te verhoed nie.

Neem jou plaaslike restaurant as ‘n voorbeeld. Deesdae het amper elke restaurant ‘n speelkamer of vermaaklikheidsarea wat tot die beskikking van kinders of kleuters gestel word. Hierdie tipe vermaaklikheidsarea het selfs begin populêr word in kwekerye en by funksies soos troues of partytjies, ten einde die jongelinge besig te hou.

Die vraag bly egter – wie word verantwoordelik gehou vir die versekering van veiligheid by hierdie vermaaklikheidsareas? Wat is die regsposisie vandag in Suid-Afrika?

Om die regsposisie te bepaal moet daar na praktiese voorbeelde gekyk word, dus kyk ons na die voorbeeld van die vermaak aangebied by plaaslike restaurante en kwekerye en ook by funksies. Die Kinderwet sal hier van toepassing wees.

Artikel 140 van die Kinderwet 38 van 2005 is van toepassing indien:

  1. Die plek waar die vermaak aangebied word toeganklik is met deure, trappe, hysers of ‘n ander tipe meganiese toegang;
  2. Die meerderheid mense wat toegang verkry, kinders is; en
  3. Die persone, kinders ingesluit, wat die perseel binnegaan, meer as 50 is.

In die bogemelde geval moet die persoon wat die vermaak aanbied kennis neem van die maatreëls wat vervat word in die Kommentaar op die Kinderwet, spesifiek wat betref Artikel 140.

Die persoon wat vermaak aanbied in ‘n area wat kragtens die bogenoemde vereistes kwalifiseer, moet ingelig wees oor die getal mense, insluitend kinders, wat op die perseel gehuisves kan word en moet ook verseker dat daar ‘n voldoende getal helpers beskikbaar is om toe te sien dat nie te veel kinders die area binnegaan nie. Alternatiewelik moet daar ten tye van toegang verseker word dat dit volkome veilig is om so te doen.

Sou die getal mense (insluitend kinders) wél die getal van 50 oorskry, bly dit die verantwoordelikheid van die aanbieder van die vermaak om alle redelike stappe te doen en voorsorgmaatreëls te tref om die veiligheid van die kinders en ander mense in die vermaaklikheidsarea, deurentyd te verseker.

Ek verwys weer na die voorbeeld van ‘n restaurant of funksie. Hierdie vermaaklikheidsplekke huisves soms groot getalle kinders en selfs kleuters, en dit vereis streng nakoming van die veiligheidsmaatreëls.

Nog ‘n voorbeeld is ‘n kinderpartytjie waar ‘n springkasteel beskikbaar gestel word.  Gestel mnr. X se dogter verjaar en mev. Y bied aan om haar springkasteel by die partytjie op te rig vir die vermaak van die kinders. In hierdie geval is dit mev. Y se verantwoordelikheid om toe te sien dat daar aan alle veiligheidsvereistes voldoen word en sy, as aanbieder van die vermaak, sal  aanspreeklik wees vir die veiligheid van die kinders. Sou mev. Y om die een of ander rede nie aanspreeklik gehou word nie sal die verantwoordelikheid om die veiligheid van die kinders te verseker neerkom op haar volmaggewer as die “agent van die vermaak”.

Dit bly uiters belangrik dat die aanbieder of agent van die vermaak alle redelike stappe moet doen om na die veiligheid van die kinders en selfs die kleuters om te sien en sover moontlik hul veiligheid te verseker. In situasies soos hierdie, waar groot getalle kinders betrokke is, sal strenger veiligheidsmaatreëls vereis word.

Dit bring ons by nog ‘n vereiste, naamlik dat die beweging van deelnemers aan die spesifieke vermaak, deurentyd gemonitor moet word.

Die vereistes om kragtens Artikel 140 te kwalifiseer skep die indruk dat die artikel en sy vereistes slegs van toepassing is op situasies waar vermaak binnenshuis aangebied word maar dit is nie die geval nie. Buitelug-vermaaklikheidsareas waar toegang beheer word is ook aan hierdie kriteria onderhewig.

Buitelugareas soos strande en oop veld word vanselfsprekend uitgesluit aangesien toegang hiertoe nie beheer of beperk word nie.

Opsommend kan ons dus tot die gevolgtrekking kom dat die verpligting om die veiligheid en beskerming van die kinders wat gebruik maak van die vermaaklikheidsareas te verseker, dié is van die “vermaakorganiseerder” of die ”vermaakbestuurder” en dat hierdie persoon die volgende maatreëls moet tref:

  1. Bepaal die maksimum veilige ruimte wat nodig is om die getal kinders en ander mense wat na verwagting die geleentheid sal bywoon, te huisves;
  2. Verseker dat ekstra kinders nie toegelaat word tensy dit veilig is nie;
  3. Beheer die beweging van die kinders in die area;
  4. Verseker dat algehele veiligheid deurentyd gehandhaaf word in die omgewing van die vermaaklikheidsarea en binne die area self.

Daar is egter steeds die gevaar dat iets kan skeefloop en dit bring ons by die stappe wat teen die oortreder gedoen kan word, hoewel daar tans geen kriminele sanksies vasgestel is of in die vooruitsig gestel word nie.

Enige persoon wat behoorlik daartoe gemagtig is deur die munisipale owerheid van die betrokke gebied mag te enige tyd ‘n omheining binnegaan om te verseker dat daar aan alle veiligheidsmaatreëls voldoen word. Sou dit blyk dat daar nie aan die maatreëls voldoen word nie mag die persoon enige lisensie wat uitgereik is om die vermaak te magtig, terugtrek.

Ander maatreëls sluit in munisipale veiligheids- en gesondheidsverordeninge wat toegepas kan word om die aanbied van die geleentheid te verbied totdat die nodige veiligheidsmaatreëls getref is.

Laastens mag, in die geval van besering of skade wat gely word as gevolg van nalatigheid, ‘n deliktuele eis teen die oortreder ingestel word.

Vir meer inligting skakel asseblief vir John Erasmus of Tana du Toit van ons kantore.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Om te trou of nie te trou nie…

art05Wanneer ‘n man die groot vraag aan die liefde van sy lewe vra en sy aanvaar, kan daar gesê word dat hulle ‘n kontrak aangegaan het om in die toekoms te trou. Wanneer die verlowing egter verbreek word kom dit dikwels voor dat die verontregte party sy/haar eks wil dagvaar vir die verbreking van die belofte om te trou, oftewel troubreuk.

Onlangse hofuitsprake betreffende die verbreking van ‘n troubelofte

Alhoewel daar  frustrasie en hartseer na die verbreking van ‘n verlowing ervaar kan word, is die realiteit dat dit nie so maklik is om te slaag met ‘n monetêre eis teen iemand wat nie hul beloftes nakom nie.

Oor die jare het ons gemene reg die beginsel dat die verontregte party ‘n eis vir troubreuk het, erken. Tradisioneel bestaan die eis ​​uit twee dele:-

  1. Die deliktuele eis wat die verontregte party sou hê onder actio  injuriarum vir contumelia, met ander woorde, skadevergoeding vir die vernedering wat veroorsaak word as gevolg van die verbreking van die verhouding en:
  2. Die kontraktuele eis vir die werklike finansiële verlies deur die verontregte party gely as gevolg van die verbreking van die verhouding tussen die partye.

Van Jaarsveld v Bridges (2010) SCA

In die Appèlhofsaak Van Jaarsveld v Bridges (2010) is bevind dat geen eis in die Suid-Afrikaanse reg bestaan ​​anders as werklike uitgawes aangegaan in die beplanning en voorbereiding van die huwelik nie. Ten opsigte van troubreuk het Harms DP die aandag gevestig op ‘n hof se reg en belangriker, sy plig, om die gemene reg te ontwikkel, met inagneming van die belang van geregtigheid, en om terselfdertyd die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Menseregte te bevorder.

Harms DP het gesê dat hy nie kan aanvaar dat die partye wanneer hulle beloof om met mekaar te trou, op daardie stadium van hul verhouding sou dink dat die beëindiging van hul verlowing finansiële gevolge sou hê asof hulle in werklikheid getroud is nie. Die aanname van die twee partye is dat hulle egtelike bestel bepaal sal word deur hul komende huwelik. Harms DP het tot die gevolgtrekking gekom dat in sy opinie ‘n verlowing meer ‘n onafdwingbare pactum de contrahendo is wat ‘n spatium deliberandi verskaf- ‘n tyd om mekaar beter te leer ken en om te besluit of die partye uiteindelik met mekaar wil trou al dan nie.

ES Cloete v A Maritz (2013) WCH

Die vraag of ‘n eis vir troubreuk ‘n geldige skuldoorsaak in die Suid-Afrikaanse reg is, is  weer vanjaar in die Wes-Kaapse Hooggeregshof  oorweeg.

In die saak voor Regter Robert Henney het mej. ES Cloete beweer dat mnr. A Maritz die groot vraag op 9 Februarie 1999 in Namibië gevra het, met ‘n verloofring, en dat sy aanvaar het. Die verhouding was onstuimig en ‘n dekade later het Maritz die verlowing verbreek en die beplande troue gekanselleer en haar vertel dat daar ‘n nuwe persoon in sy lewe is.

Cloete het Maritz gedagvaar en beweer dat Maritz se weiering om met haar te trou neerkom op `n repudiasie van die ooreenkoms wat hulle 10 jaar vroeër bereik het.

Haar eis

Cloete se eis was drieledig:

  1. Sy wou terugbetaling hê van R26 000,00 wat sy in 1994 en 1996 aan hom gegee het in vir ‘n besigheid waarin hy betrokke was.
  2. Sy wou R6,5 miljoen hê om te vergoed vir die finansiële voordele wat sy sou geniet het indien hulle voortgegaan het met die huwelik, insluitende bedrae vir die gebruik en genot van die huis in ooreenstemming met die lewenstyl wat hulle tydens hul saamleef gehandhaaf het. Sy het ook onderhoud van R8 500,00 per maand vir 25 jaar geëis.
  3. Ten slotte wou sy R250 000,00 hê as skadevergoeding vir die verbreking van sy belofte om met haar te trou en vir vernedering van haar persoonlike waardigheid en reputasie.

Sy eis

Maritz het die aantygings ontken en geargumenteer dat Cloete die een was wat die troue gekanselleer het en dat hy dit bloot aanvaar het.

Maritz het ‘n spesiale pleit aangeteken dat die “breach of promise to marry” nie ‘n geldige skuldoorsaak in ons reg is nie, gebaseer op die Appèlhof se uitspraak in Van Jaarsveld v Bridges 2010 (4) SA 558 (SCA), ‘n uitspraak wat hierdie hof verplig was om te volg.

Uitspraak

In sy uitspraak het Regter R Henney gesê: ” Clearly, to hold a party accountable on a rigid contractual footing where such a party fails to abide by a promise to marry, does not reflect the changed mores, morals or public interest of today.”

Regter Henney het verder die mening uitgespreek dat oorwegings van openbare beleid en ons eie gemeenskap se veranderde gewoontes nie kan toelaat dat ‘n party gedwing word om op ‘n suiwer kontraktuele grondslag toekomstige skadevergoeding te betaal as so ‘n party uit ‘n persoonlike verhouding wil tree en dus troubreuk pleeg nie. So ‘n situasie is volgens die regter heeltemal onhoudbaar en kan nie toegelaat word nie.

Die regter het voorts gesê: “As pointed out by Sinclair, The Law of Marriage Vol 1 (1996), to hold a party liable for contractual damages for breach of promise may in fact lead parties to enter into marriages they do not in good conscience want to enter into, purely due to the fear of being faced with such a claim.  This is an untenable situation.”

Ten slotte

Morele waardes en tye het verander. Egskeiding was vroeër slegs moontlik in die geval van egbreuk of verlating, maar is nou moontlik in die geval van onherstelbare verbrokkeling van die huwelik. Daar is geen rede waarom ‘n geregverdigde beweegrede vir die beëindiging van ‘n verlowing nie die gebrek aan begeerte om met die betrokke persoon te trou kan insluit nie, ongeag die “skuld” van laasgenoemde.  Onwilligheid om te trou is `n duidelike bewys van die onherstelbare verbrokkeling van die verlowing. Dit is onlogies om meer ernstige gevolge aan ‘n verlowing te heg as aan ‘n huwelik.

Maritz se spesiale pleit is gehandhaaf en daar is bevind dat die eis vir die verbreking van die belofte nie ‘n geldige skuldoorsaak in Suid-Afrikaanse reg daarstel nie. Soos blyk uit die voorgaande bestaan daar slegs `n eis vir die werklike uitgawes aangegaan in die voorbereiding vir die huwelik.

Tana du Toit is ons familiereg-spesialis. Kontak haar gerus by tana@conradieinc.co.za.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.