Category Archives: Company law

Is ‘n handelsbeperkingsklousule altyd geldig en afdwingbaar?

A2In die verlede was handelsbeperkingsooreenkomste ongeldig en onafdwingbaar, tensy die werkgewer kon bewys dat die ooreenkoms billik is. Gelukkig vir werkgewers het hierdie situasie verander.

Wat is ‘n handelsbeperking?

‘n Ooreenkoms wat ‘n party se reg om te handel of ‘n besigheid of beroep te bedryf, beperk op sodanige manier of met sodanige partye as wat hy/sy goeddink, is ‘n handelsbeperking.

‘n Werkgewer sal tipies in die dienskontrak of ‘n aparte ooreenkoms ‘n handelsbeperkingsklousule insluit wat gewoonlik van krag word wanneer die kontrak getermineer of die besigheid of praktyk verkoop word.

Hoekom is hierdie tipe klousule omstrede?

Dit is omstrede omdat daar ‘n botsing van fundamentele waardes is: aan die een kant is daar ‘n algemene kontrakteursvryheid wat daarop staatmaak dat partye by hul kontrakte gehou moet word, en aan die ander kant is daar handelsvryheid wat ‘n erkende reg volgens die grondwet is.

Soos ander ooreenkomste is handelsbeperkings prima facie geldig en afdwingbaar. Voorheen het die werkgewer die bewyslas gehad om te bewys dat die implementering van die handelsbeperkingsklousule billik en in openbare belang is. Die situasie is nou omgekeerd en die werknemer het nou die bewyslas om te bewys dat afdwinging van die beperking teen openbare belang sal indruis.

‘n Onredelike beperking sal teen die openbare belang wees en dus onafdwingbaar. Die redelikheid van ‘n handelsbeperkingsklousule word beoordeel op die basis van breë belange van die gemeenskap en die belange van die individu self.

Redelikheid inter partes hang van verskeie faktore af:

  • Het die werkgewer ‘n beskermingswaardige belang?
  • Geografiese omvang en tydperk van die handelsbeperking (moontlikheid van gedeeltelike afdwinging)
  • Toegewing deur die werknemer in die kontrak dat die beperking redelik is, en ongelyke bedingingsvermoë van die verskillende partye (hierdie faktore dra min gewig)

Voorbeelde van beskermingswaardige belange is vertroulike inligting, handelsgeheime, kliëntverhoudings en -lyste, en die welwillendheid van die besigheid. Dit sluit egter nie planne om die kompetisie te elimineer en die belegging van tyd en kapitaal in die opleiding van die werknemer in nie.

Dit is nie genoeg dat vertroulike inligting net as sulks beskou word nie. Vir inligting om as vertroulik beskou te word, moet dit kommersieel nuttig wees, met ander woorde dit moet toegepas kan word in die industrie, ekonomiese waarde hê vir die persoon wat dit wil beskerm, en slegs bekend wees aan ‘n beperkte aantal persone.

Die bewys van handelsverbintenisse sal slegs relevant wees indien die werknemer toegang het tot die werkgewer se kliënte en sodanige verhouding met die werkgewer se kliënte het dat dit hom/haar in staat sou stel om so ‘n invloed oor hulle te hê dat die kliënte hom/haar sal volg indien hy/sy die diens van die werkgewer verlaat. Die volgende faktore is hier van belang:

  • die pligte van die werknemer;
  • die persoonlikheid van die werknemer;
  • die frekwensie en tydsduur van die werknemer se kontak met die kliënte;
  • sy/haar invloed or die kliënte;
  • aard van sy/haar verhouding met die klënte (mate van aanhang, omvang van hul vertroue in hom/haar);
  • vlak van kompetisie tussen die mededingende besighede;
  • die tipe produk wat verkoop word; en
  • bewyse dat kliënte verloor is as gevolg van die werknemer se vertrek.

Met verwysing tot die bogenoemde moet die volgende vrae gevra word:

a) Is daar ‘n belang van party A wat waardig is om beskerm te word?

b) Word daardie belang benadeel deur party B?

c) Indien wel, weeg die belang van party A kwalitatief en kwantitatief meer teenoor die belang van party B, wat sal inhou dat daardie party ekonomies onaktief en onproduktief sal wees?

d) Is daar enige openbare beleid wat vereis dat die handelsbeperking gehandhaaf of van die hand gewys word?

Al is die handelingsbeperkingsooreenkoms billik inter partes, mag dit nog steeds beslis word dat dit nie in openbare belang afgedwing moet word nie.

Bronnelys:

Basson v Chilwan & Others 1993 (3) SA 742 (A)

Sunshine Records (Pty) Ltd v Flohing & Others 1990 (4) SA 782 (A)

Magna Alloys & Research (SA) (Pty) Ltd v Ellis 1984 (4) SA 874 (A)

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Is u maatskappy se aandeelhouersooreenkoms nietig?

A4Sekere dinge vind ‘n mens eers uit wanneer dit te laat is, soos dat jou spaarwiel pap is wanneer jy met ‘n pap band langs die pad in die reën staan, of dat jou selfoon se battery pap is wanneer jy ‘n dringende oproep moet maak, of dat jou vuurwapen nie gelaai is wanneer jy dit nodig het nie. Teen die tyd dat jy besef jy is in die moeilikheid, is dit te laat om iets daaraan te doen.

Vanaf 1 Mei 2013 is verskeie kritieke bepalings in baie maatskappye se aandeelhouersooreenkomste nietig as gevolg van die inwerkingtreding van die Maatskappywet van 2008, die sogenaamde “nuwe Maatskappywet”. Baie van hierdie maatskappye se aandeelhouers gaan dit egter eers uitvind wanneer daar ‘n dispuut tussen die aandeelhouers ontstaan, maar teen daardie tyd gaan dit te laat wees om iets daaraan te doen.

Voor die inwerkingtreding van die nuwe Maatskappywet het aandeelhouers dikwels nie die moeite gedoen om seker te maak dat hulle aandeelhouersooreenkoms in lyn was met hulle maatskappy se funderende dokumentasie (voorheen die maatskappy se Akte en Statute) nie. Hulle het dikwels hul sake gereël in hulle aandeelhouersooreenkoms en dan bepaal dat in geval van ‘n botsing met die maatskappy se Akte en Statute, die aandeelhouersooreenkoms se bepalings voorkeur sal geniet. Alles het vlot verloop, maar sedert 1 Mei 2013 het die Maatskappywet dinge verander.

Sedert 1 Mei 2013 is enige bepaling in ‘n aandeelhouersooreenkoms wat in stryd is met die nuwe Maatskappywet of met die betrokke maatskappy se Akte en Statute of Akte van Oprigting, nietig.

Die bepalings van u maatskappy se Akte en Statute, en nie dié van die maatskappy se aandeelhouersooreenkoms nie, sal geld indien:

  • u maatskappy destyds geregistreer is met die standaard Akte en Statute;
  • u en u mede-aandeelhouers u verhouding gereël het in ‘n aandeelhouersooreenkoms;
  • die Akte en Statute nie aangepas is om in lyn met die aandeelhouersooreenkoms te wees nie.

‘n Bepaling in die aandeelhouersooreenkoms dat dit voorkeur sal geniet bo die Akte en Statute, is self ongeldig en kan heelwat probleme veroorsaak weens verwagtinge wat geskep word.

Baie aandeelhouersooreenkomste bepaal byvoorbeeld dat elke aandeelhouer die reg sal hê om ‘n bepaalde hoeveelheid direkteure aan te stel en dat die aangestelde direkteure dan oor ooreengekome stemreg sal beskik. In die geval van die maatskappy se standaard Akte en Statute, daarenteen, word bepaal dat die maatskappy se direkteure op ‘n algemene vergadering deur die aandeelhouers verkies moet word. Die nuwe Maatskappywet bepaal egter dat ten minste die helfte van alle direkteure verkies moet word deur die aandeelhouers. In so ‘n geval sal die bepalings van die aandeelhouersooreenkoms nietig wees, aangesien dit in stryd met die bepalings van die Akte en Statute en die Wet sal wees. Al die direkteure moet deur meerderheidsaandeelhouers verkies word en die uitkoms kan dus heelwat anders daar uitsien as wat die partye ooreengekom het; dit sal veral ‘n risiko wees vir die minderheidsaandeelhouers.

Daar is nog baie ander voorbeelde van botsings tussen ‘n maatskappy se aandeelhouersooreenkoms en Akte & Statute, wat kan veroorsaak dat die bepalings van die aandeelhouersooreenkoms nietig sal wees. Dit is daarom baie belangrik dat elke maatskappy met meer as een aandeelhouer sy Akte en Statute/Akte van Oprigting en aandeelhouersooreenkoms spoedig moet laat nagaan deur kundiges wat onderleg is in die nuwe Maatskappywet, sodat alle botsings geïdentifiseer en aangespreek kan word. U wil waarskynlik nie eers uitvind dat ‘n bepaling in u maatskappy se aandeelhouersooreenkoms waarop u staatmaak om u regte te beskerm, nietig is wanneer u in ‘n konfliksituasie daarop wil staatmaak nie. Voorsorg voorkom nasorg. Maak dus seker dat u presies weet waar u staan ten opsigte van u regte as aandeelhouer.

Indien u bystand verlang in die verband, kan u Stephan Bester by stephan@conradieinc.co.za of Andries Conradie by andries@conradieinc.co.za kontak of gedurende kantoorure by 023 347 0996 skakel.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Opvolgbeplanning

A3Die besit van ‘n besigheid vereis noukeurige opvolgbeplanning en is deel van jou boedelbeplanning, omdat jy moet bepaal wie jou gaan opvolg, of wie jou aandele gaan koop, of wie geregtig sal wees op die inkomste na jou dood. Die toekomstige eienaarskap van jou besigheid is op die spel.

‘n Vennootskap word outomaties ontbind by die dood van ‘n vennoot en die oorblywende vennote moet dan die vennootskap ontbind en die bates onder mekaar verdeel.

In die geval van ‘n Maatskappy mag die aandeelhouers ooreenkom dat:

  1. Die oorblywende aandeelhouers ‘n reg van eerste weiering het om die oorlede aandeelhouer se aandeelhouding te koop, in teenstelling met ‘n bemaking in ‘n testament.
  2. Die toekoms van eienaarskap of aandele gereguleer kan word deur ‘n skriftelike ooreenkoms tussen aandeelhouers en word na verwys as ‘n “koop- en verkoopooreenkoms”, wat ‘n invloed het met die dood van ‘n vennoot of aandeelhouer.
  3. Die koop- en verkoopooreenkoms verplig die eksekuteur van die oorledene om die aandele aan te bied teen ‘n voorafbepaalde prys, en lewenspolisse tussen aandeelhouers onderling dek gewoonlik die koopprys. Die oorblywende aandeelhouers is verplig om te koop.
  4. Die oorblywende aandeelhouers is die begunstigdes van die lewenspolis op die lewe van die oorledene en gebruik dit om die aandele te koop, normaalweg pro rata tot die aandele wat hulle reeds besit.
  5. Koop- en verkooppolisse val buite die boedel van die oorledene en die opbrengs is nie onderhewig aan boedelbelasting nie, op voorwaarde dat die volgende drie vereistes nagekom is:
    • Geen van die premies moes betaal gewees het deur die oorledene self nie:
    • Die aandeelhouers-verhouding moet bestaan ten tye van die dood;
    • aar moet ‘n skriftelike ooreenkoms wees.
  6. Wanneer die vaardighede en kennis van ‘n vennoot essensieel is vir die voortbestaan van die besigheid, kan “sleutelmanversekering” uitgeneem word op die lewe van sodanige aandeelhouer of vennoot. Die premies word betaal deur die besigheid en die opbrengs word betaal aan die besigheid self om finansiële verlies te voorkom of om ‘n plaasvervanger aan te stel en op te lei. 

In die geval van ‘n eenmansaak behoort opvolgbeplanning in die Testament behandel te word.

  1. Die volledige waarde van die besigheid vestig in die bestorwe boedel.
  2. Beplanning is essensieel omdat die besigheid by dood termineer, alhoewel die eksekuteur dit mag verkoop as ‘n lopende saak.
  3. Dis ‘n goeie plan om ‘n reg van eerste weiering te gee aan ‘n vennoot, wat dan die besigheid en intellektuele kapitaal na die dood kan koop.
  4. ‘n Lewenspolis kan uitgeneem word waarin die eienaar se lewe verseker is, die vennoot die begunstigde is en die opbrengs by dood aangewend word om die besigheid te koop.
  5. Dit is voor die hand liggend dat beplanning die voordeel vir die boedel verhoog, in teenstelling met die sluiting van die besigheid waar die bates veel minder werd sal wees. 

Deurlopende opvolgbeplanning moet deel wees van jou besigheidstrategie om te verseker dat jou harde werk die regte persone bevoordeel.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Hersiening van direkteure se besluite

A3‘n Vorige artikel het gehandel oor die “informele” besluite geneem deur direkteure, en is die optrede en besluite deur direkteure wat as “informele” besluite deur direkteure beskou kan word, behandel.

Die presedente geskep deur die howe is bespreek, welke presedente oorweeg word wanneer die afdwingbaarheid en geldigheid van sodanige “toestemmings” deur die howe beslis moet word. Direkteure van huiseienaarsverenigings is gewaarsku om waaksaam en versigtig te wees wanneer hulle in informele gesprekke met ander lede tree, veral wanneer hierdie lede lugkastele bou en beplande aanbouings met die direkteur bespreek. Direkteure is gemaan om hul opinies eerder te lug wanneer die direksie die formele aansoek deur die lid debatteer, veral wat betref lede se beplande aanbouings of ander boubedrywighede.

Die reëls van die huiseienaarsvereniging wat betref die estetiese en ander vereistes neem voorrang in hierdie formele besluitnemingsproses.Maar hoe gemaak as die lid wel aan die formele voorgeskrewe vereistes van die huiseienaarsvereniging voldoen het, en die direksie wys die aansoek van die hand?  Waar laat dit die lid en die direksie?

Die howe sal nie sommer inmeng met die besluite geneem deur ‘n huiseienaarsvereniging nie, behalwe in gevalle waar die erkende gronde van regterlike hersiening wel van toepassing is, soos toegepas op vrywillige verenigings wie se lede hulself verbind het aan die vereniging se reëls, en waar welke reëls die raad van verkose direkteure beklee met besluitnemingsbevoegheid (Turner vs Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA; SA Medical & Dental Council vs McLoughlin 1948 (2) SA 355 (AD) and Marlin vs Durban Turf Club & Others 1942 AD 112). 

Die gronde van regterlike hersiening word egter beperk tot of die tribunaal bevoeg was om die besluit te neem en of die tribunaal beide prosedureel en substansieel regverdig en billik was.  Effektiewelik word die hersiening dus beperk tot die vraag of die besluit of proses enigsins wederregtelik of onreëlmatig was – onregverdigheid per se is nie voldoende gronde nie (Bel Porto School Governing Body & Others vs Premier, Western Cape & Another 2002 (3) SA). 

In die tradisionele gemenereg hersieningsgronde vir ‘n vrywillige vereniging word wederregtelikheid, prosedurele onregverdigheid en irrasionaliteit ingesluit. Voor die inwerkingtreding van die grondwet is die reikwydte van vrywillige verenigings in gesagdraende uitsprake gevestig. Die Promotion of Administrative Justice Wet, Wet 3 of 2000 (PAJA) is van toepassing op enige administratiewe optrede geneem deur ‘n staatsliggaam of ‘n regspersoon in die afdwinging van ‘n openbare bevoegdheid of die uitvoering van ‘n openbare funksie.  Gevolglik val direkteure van huiseienaarsverenigings nie binne die reikwydte van PAJA nie.  Aan die ander kant, Artikel 39(2) van die Grondwet verplig howe, in die ontwikkeling van die gemenereg, om die gees, bedoeling en oogmerke  van die Handves van Menseregte in ag te neem.

Die beslissing in die aangeleentheid van Theron en Andere vs Ring van Wellington van die NG Sending Kerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) het reeds bevestig dat ‘n redelikheids-toets gebaseer op rasionaliteit ‘n geoorloofde grond in die gemeneregtelike bevoegdhede van die howe daarstel om besluite van vrywillige verenigings te hersien. Die hof sal derhalwe ‘n hersieningsaansoek oorweeg wat gronde van onredelikheid insluit, in dat die besluit deur die direksie nie redelik gestaaf word deur die getuienis nie. Daar blyk geen verskil te wees in beginsel, vir doeleindes van hierdie skrywe, tussen gemeneregtelike hersieningsgronde van toepassing op vrywillige verenigings en die hersieningsgronde soos voorsien deur PAJA nie.

Verskeie uitsprake bevestig dat ‘n hof net sal ingryp met ‘n besluit deur direkteure van ‘n vrywillige vereniging waar die vereniging nie die beginsels van natuurlike geregtigheid, te wete wettigheid, prosedurele regverdigheid en redelikheid toegepas het nie. Laasgenoemde in die sin van ‘n rasionele nexus tussen die feite soos voorgelê en die oorwegings wat toegepas is in die neem van die besluit.

Waar die Memorandum van Inkorporasie of die reëls van die huiseienaarsvereniging ‘n formele proses voorskryf vir die verkryging van toestemming of instemming vir byvoorbeeld ‘n bouprojek, sal enige lid wie nie sodanige voorgeskrewe aansoek indien en aan die voorgeskrewe proses voldoen nie, selfs al is dit net vir die oprigting van ‘n heining, en wie nie die voorgeskewe goedkeuring voor die oprigting van die heining ontvang het nie, se sodanige opgerigte heining as “onwettig” beskou word.

Die Raad van Direkteure van enige huiseienaarsvereniging het ‘n verpligting om die Memorandum van Assosiasie of Memorandum van Inkorporasie en die reëls van die vereniging af te dwing en moet sodanig optree in belang van die landgoed en al die lede daarvan.

Enige bouprojek waarmee daar reeds aanvang geneem is of selfs afgehandel is sonder dat die formele voorgeskrewe proses gevolg is deur die huiseienaar, of dit aan die estetiese vereistes van die huiseienaarsvereniging soos voorgeskryf in die huiseienaarsvereniging se reëls voldoen al dan nie, is “onwettig” in dat die lid gebou het sonder om formeel aan die vereistes van die huiseienaarsvereniging te voldoen. Direkteure moet omsigtig ieder en elke sodanige bouprojek binne die jurisdiksie van die landgoed identifiseer, en in belang van al die lede van die huiseienaarsvereniging, lede wat geraak word nooi vir ‘n informele, vriendelike gesprek oor die verwydering of verdere toevoegings van die gebou of bouprojek, selfs al is dit net ‘n heining, en die tydperke vir sodanige optrede.

Dit is belangrik om daarop te let dat sulke lede steeds verplig is om die formele vereistes soos voorgeskryf deur die vereniging, na te kom. Sodanige aansoeke moet voorgelê word vir beslegting en terugwerkende goedkeuring deur die raad van direkteure, volgens die voorgeskrewe formele vereistes van die vereniging op voorwaarde dat alle voorgeskrewe vereistes ten volle nagekom is, selfs al is dit bloot esteties.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

The impact of the new BBBEE codes of good practice on your business

03_BBEEEThe compilation and verification of a scorecard for an entity in terms of the Broad-Based Black Economic Empowerment (BBBEE) Act is done according to the Codes of Good Practice (the Codes) issued by the Department of Trade and Industry (the dti).

The Codes have been amended and the new Codes were gazetted on Friday 11 October 2013. These changes will have a significant effect on the BBBEE strategy of businesses and careful consideration will have to be given to adjustments in this area.

Major changes to the previous Codes include:

  • The seven elements on the scorecard are reduced to five elements and the weighting of each element has been adjusted as follows:
    1. Ownership (25 points weighting)
    2. Management Control (15 points weighting)
    3. Skills Development (20 points weighting)
    4. Enterprise and Supplier Development (40 points weighting)
    5. Socio-Economic Development (5 points weighting)
  • The total score will now amount to 105 instead of the previous 100.
  • The elements Ownership, Skills Development and Enterprise and Supplier Development are now categorised as priority elements, which means that certain minimum requirements are set for these elements. Large enterprises are required to comply with all the priority elements, whereas Qualifying Small Enterprises (QSEs) have a choice to comply with Ownership and one of the remaining priority elements.
  • If the minimum requirements set for priority elements are not met, the actual level obtained will be discounted by one level.
  • The limits for Exempt Micro-Enterprises (EMEs) have been adjusted to enterprises with an annual turnover of between R0 and R10 million (unless a sector charter applies). EMEs will still be deemed to be level four contributors.
  • QSE limits have been adjusted to enterprises with an annual turnover of between R10 million and R50 million (unless a sector charter applies).
  • EMEs and QSEs with black ownership of more than 51% will automatically qualify as level two contributors.
  • EMEs and QSEs with black ownership of 100% will automatically qualify as level one contributors.
  • Start-up enterprises will still be measured as EMEs during the first year following the formation of the enterprise.

There will be a twelve-month period from 11 October 2013 to 10 October 2014 during which businesses may choose to have their scorecard compiled and verified under either the old Codes or the new Codes. The purpose of this is to give businesses a chance to align and implement their BBBEE strategy to comply with the new Codes. Sector charters also have to align to the new Codes, but it is unclear whether it will be possible or even required to do this during the twelve-month period.

It is crucial to seek expert advice when adjusting any entity’s BBBEE strategy in order to avoid costly mistakes and ensure maximum benefit for the business, while properly complying with the relevant BBBEE legislation. For instance, enterprises that previously relied on an annual Socio-Economic Development grant in order to obtain a required BBBEE level will have to significantly adjust this amount.

Only qualified verification agents accredited under IRBA or SANAS may conduct independent verifications and issue the applicable certificate.

For more information please feel free to contact Stephan Bester or Andries Conradie from our offices.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice.

The New Companies Act: What implications does it have for your company?

art04The new Companies Act came into effect on 1 May 2011 and thereby we have entered a new era of company law. As expected the new Act initially led to a fair amount of confusion, especially with regard to the implications for existing companies.

In terms of the transitional provisions of the new Act existing companies were afforded a period of 2 (two) years to register a new Memorandum of Incorporation, which complies with the provisions of the new Act.

During this transition period, the provisions of existing companies’ Articles of Association, Memoranda of Association and Shareholders Agreements, with a few exceptions, prevailed  over the provisions of the new Act, if there were any discrepancies with the provisions new Act.

After the two (2) year transition period expired on 30 April 2013 any provision in a company’s existing Articles of Association, Memorandum of Association or Shareholders Agreement that is inconsistent with the provisions of the new Act, are void to the extent that it does not comply with the provisions of the Act.

The new Act distinguishes between alterable and unalterable provisions.  Companies are not allowed to alter the substance or effect of unalterable provisions in their Memorandum of Incorporation unless the provision in the Memorandum of Incorporation is more onerous than the unalterable provisions of the Act. Companies however have the freedom to change the alterable provisions of the Act in their Memorandum of Incorporation to suit their unique needs.

The directors of existing companies should give careful consideration to certain major changes introduced by the new Act and the implications for their companies, especially regarding the following:

  • Directors duties, conduct and liability.
  • Shareholders’ right to receive notice or have access to any information.
  • Shareholders’ and directors’ meetings and the adoption of resolutions.
  • Fundamental transactions, takeovers and offers.
  • Change of Name especially for non – profit companies.
  • The possibility for the board of directors to issue company rules make in respect of certain management aspects that are not provided for by the Act or the company’s Memorandum of Incorporation.
  • Shareholders Agreements:
    Unlike the previous position where a Shareholders’ Agreement, signed by all shareholders, prevailed over a company’s Articles of Association and Memorandum of Association, the provisions of a Shareholders’ Agreement, which is inconsistent with provisions of a company’s Memorandum of Incorporation or provisions of the new Act is void in so far as it is inconsistent.Shareholders’ Agreements should therefor also be reviewed to ensure that it complies with the provisions of the new Act.
    For example:   A typical Shareholders’ Agreement normally provides that a company may not issue shares without the prior written consent of all the shareholders or without a prior authorization by special resolution. In terms of the new Act, a company’s directors are authorized to issue shares, unless the powers of the board of directors are limited by the company’s Memorandum of Incorporation. The powers of the board can therefor not be limited in a Shareholders’ Agreement, but should be limited in the company’s Memorandum of Incorporation.
  • In future only new shares without par value can authorized.
  • The new Act requires special resolutions for certain actions, which was not required in terms of the old Act.
    For example: The remuneration of directors in terms of the new must be authorized by a special resolution taken in the preceding two ( 2 ) years.
  • Audit requirements.
  • Trading under insolvent circumstances – In terms of the old Companies Act directors were personally liable for the debts of a company if the business was carried on recklessly. In terms of the new Act it is however prohibited for a company to continue trading in insolvent circumstances.
  • Business rescue: It aims to rehabilitate companies under financial distress.
  • Solvency and liquidity test: In terms of the new Companies Act, a company must pass the solvency and liquidity test before certain actions can be performed.
    For example: The approval of a distribution of profits by the board.

Although the new Companies Act aims to simplify the legislative framework of companies, it has unfortunately led to a lot of uncertainty in various aspects and potential problems. Companies’ directors are recommended to review their current  Articles of Association, Memorandum of Association or Shareholders Agreement to ensure that it does not contain provisions inconsistent with the provisions of the new Act and thereby be rendered void.

Please contact Andries Conradie at andries@conradieinc.co.za or Stephan Bester at stephan@conradieinc.co.za to assist you with your company’s documentation.

This article contains general information and should therefore not be utilized as legal or other professional advice. No responsibility can be accepted for any errors or omissions or any damages or loss resulting from the use of any information contained herein. Always contact your legal advisor for advice.