Monthly Archives: March 2014

Die wisselwerking tussen die Wet op Verbruikersbeskerming en die Nasionale Kredietwet, en die moontlikheid van boetes by die aflos van kredietooreenkomste

A1Mnr Swart koop ‘n BMW-motor in terme van ‘n huurkoop ooreenkoms en sy finansiering word deur BMW-finansiering gedoen.

Na ‘n paar maande erf mnr Swart ‘n groot som geld en hy besluit om die finansiering in terme van die kredietooreenkoms heeltemal af te los.

Mnr Swart is bekommerd dat die kredietverskaffer hom kan penaliseer met ‘n boete omdat hy die finansiering vroeër aflos. 

Die eerste stap in die beantwoording van die bogenoemde vraag sal wees om te bepaal watter wetgewing die situasie reguleer. Die wetgewing wat hier van toepassing is, is die Nasionale Kredietwet 34 van 2005  en die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008.

In hierdie aangeleentheid moet daar ‘n onderskeid getref word tussen die toepassingsgebied van elkeen van die bogenoemde wette, aangesien die een wet van toepassing sal wees op die kredietooreenkoms self, terwyl die ander wet van toepassing sal  wees op die goedere, met ander woorde die BMW-motor. Artikel 5 van die Wet op Verbruikersbeskerming sit uiteen wanneer die wet sal geld en wanneer nie. Artikel 5(2)(d) is van spesifieke belang vir mnr Swart, aangesien dit kredietooreenkomste wat ingevolge die Nasionale Kredietwet gereguleer word, uitsluit. Alhoewel artikel 5(2)(d) die ooreenkoms self uitsluit, word die goedere of dienste wat gelewer word ingevolge die kredietooreenkoms ingesluit. Hierdie kredietooreenkomste, soos beoog in die Nasionale Kredietwet, word gedefinieer in die wet self, en meer spesifiek artikel 8(4)(c) wat huurkoop ooreenkomste (paaiement ooreenkomste) insluit.

Mnr Swart se situasie val presies in artikel 5(2)(d) van die Wet op Verbruikersbeskerming. Die implikasie van hierdie artikel is dat alle kredietooreenkomste wat onderhewig is aan die Nasionale Kredietwet buite die bestek van die Wet op  Verbruikersbeskerming val, maar die goedere, en in dié geval die BMW-motor, en die kwaliteit van die goedere binne die bestek van die Wet op Verbruikersbeskerming val. Dit is hier waar die bogenoemde wette met mekaar oorvleuel. Die oorvleueling is eintlik daarin geleë dat beide wette op een ooreenkoms van toepassing kan wees. Die kredietooreenkoms moet voldoen aan die Nasionale Kredietwet, maar die goedere en dienste gelewer moet weer voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming. As daar ‘n gebrek in die kwaliteit van die goedere of dienste is, sal die Wet op Verbruikersbeskerming die gepaste wetgewing wees, maar as dit gaan oor die kredietooreenkoms self, dan sal die Nasionale Kredietwet geld.

Artikel 2(9) van die Wet op Verbruikersbeskerming handel oor die interpretasie van die wet en meer spesifiek oor hoe die wet geïnterpreteer moet word in gevalle waar daar teenstrydighede ontstaan tussen die Wet op Verbruikersbeskerming en enige ander wet. Volgens die artikel moet die saamlees van verskillende wette so ver as moontlik geskied, maar as dit nie meer moontlik is nie, dan moet die wet geld wat die meeste beskerming aan die verbruiker verleen.

Die twee artikels in die Nasionale Kredietwet wat handel oor die vervroegde aflos van kredietooreenkomste is artikel 122 en 125. Volgens artikel 122 van die Nasionale Kredietwet mag ‘n verbruiker ‘n kredietooreenkoms op enige tydstip beëindig. Die verbruiker kan enige tyd sy kredietooreenkoms beëindig deur die vereffeningsbedrag ooreenkomstig artikel 125 te betaal.

Artikel 125 bepaal dat ‘n verbruiker geregtig is daarop om ‘n kredietooreenkoms te eniger tyd te vereffen, met of sonder voorafgaande kennis aan die kredietverskaffer. Die bedrag wat betaalbaar is om ‘n kredietooreenkoms te vereffen, is die somtotaal van die volgende bedrae:

  • Die uitstaande balans op die hoofskuld / kapitale bedrag.
  • Alle rentes en heffings tot en met vereffeningsdatum. Byvoorbeeld as die uitstaande bedrag na 3 maande afgelos word, sal slegs 3 maande se rente gevra word. Die rente sal bereken word op die kapitale bedrag wat geleen is. 

In die geval van ‘n groot ooreenkoms (R250 000.00 of meer) sal die aflosbedrag dieselfde bereken word soos hierbo, maar met addisionele rente, wat bekend staan as ‘n vervroegde-aflos-fooi. Dié fooi mag nie meer as ‘n bedrag gelykstaande aan drie maande se rente op die kapitale bedrag wees nie.

Gevolgtrekking

Dus, indien mnr Swart se BMW-motor se kapitale bedrag, en dus die kredietooreenkoms, meer werd is as R250 000.00 dan sal die kredietverskaffer geregtig wees om in terme van die Nasionale Kredietwet ‘n boete van nie meer as 3 maande se rente te hef nie by die vervroegde aflos van die kredietooreenkoms. Indien dit minder werd is as R250 000.00 sal hy nie geregtig wees om enige boetes te hef nie.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Don’t speed through life

A2Jack Louw was used to driving fast cars – he was practically born with one foot on the accelerator. Jack was also born into a very rich family, which meant there was always money to pay for the fines he kept receiving for exceeding the speed limit. However, Jack’s luck would soon change and he might end up with more than a fine.

According to the National Road Traffic Act 93 of 1996 and the Regulations published on 17 March 2000, the general speed limits are: 60 km/h on a public road within an urban area; 100 km/h on a public road outside an urban area which is not a freeway, and 120 km/h on every freeway.

Prosecution or the imposition of a spot fine is automatic if you are caught exceeding the 60km/h and general speed limits. However, if you speed in a 60km/h zone, and it is greater than 100km/h, you will not have the option of paying an admission-of-guilt fine, but will have to appear in court to answer a charge of reckless or dangerous driving and contravention of the Act.

Depending on the seriousness of the offence, you may or may not be given the alternative of an admission-of-guilt fine as opposed to having to appear in Court. An admission-of-guilt fine is a fine that a person is issued with after admitting guilt. It may seem like an easy exit to all problems. However, once admitting guilt, the person will have a criminal record.

Admission-of-guilt fines for speeding are calculated on the basis of rands per km/h in excess of the speed limit. These fines may be paid at any office of the South African Police Service in the Magisterial district where the offence occurred, by the date stipulated on the notice that will be posted to you within two weeks after you received the ticket. You must produce the ticket when paying the fine.

Should you choose not to pay the admission-of-guilt fine, but rather state your case in court, you should check the fine to ascertain the date on which you must appear in Court and the case number. Queries about the fine must be directed to the clerk of the criminal court of the Magisterial district of issue, and the actual document must accompany your query.

It is important to take notice of the speed you are driving. It may be important for you to get to your destination in time, but is it worth paying a fine, or having a criminal record? It is also important to remember that if you get a fine in a town other than your home town, you will have to travel back to that town to appear in court.

Think before admitting guilt to a speeding offence, or even better, think twice before committing an offence that would put you in that position.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

Hersiening van direkteure se besluite

A3‘n Vorige artikel het gehandel oor die “informele” besluite geneem deur direkteure, en is die optrede en besluite deur direkteure wat as “informele” besluite deur direkteure beskou kan word, behandel.

Die presedente geskep deur die howe is bespreek, welke presedente oorweeg word wanneer die afdwingbaarheid en geldigheid van sodanige “toestemmings” deur die howe beslis moet word. Direkteure van huiseienaarsverenigings is gewaarsku om waaksaam en versigtig te wees wanneer hulle in informele gesprekke met ander lede tree, veral wanneer hierdie lede lugkastele bou en beplande aanbouings met die direkteur bespreek. Direkteure is gemaan om hul opinies eerder te lug wanneer die direksie die formele aansoek deur die lid debatteer, veral wat betref lede se beplande aanbouings of ander boubedrywighede.

Die reëls van die huiseienaarsvereniging wat betref die estetiese en ander vereistes neem voorrang in hierdie formele besluitnemingsproses.Maar hoe gemaak as die lid wel aan die formele voorgeskrewe vereistes van die huiseienaarsvereniging voldoen het, en die direksie wys die aansoek van die hand?  Waar laat dit die lid en die direksie?

Die howe sal nie sommer inmeng met die besluite geneem deur ‘n huiseienaarsvereniging nie, behalwe in gevalle waar die erkende gronde van regterlike hersiening wel van toepassing is, soos toegepas op vrywillige verenigings wie se lede hulself verbind het aan die vereniging se reëls, en waar welke reëls die raad van verkose direkteure beklee met besluitnemingsbevoegheid (Turner vs Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA; SA Medical & Dental Council vs McLoughlin 1948 (2) SA 355 (AD) and Marlin vs Durban Turf Club & Others 1942 AD 112). 

Die gronde van regterlike hersiening word egter beperk tot of die tribunaal bevoeg was om die besluit te neem en of die tribunaal beide prosedureel en substansieel regverdig en billik was.  Effektiewelik word die hersiening dus beperk tot die vraag of die besluit of proses enigsins wederregtelik of onreëlmatig was – onregverdigheid per se is nie voldoende gronde nie (Bel Porto School Governing Body & Others vs Premier, Western Cape & Another 2002 (3) SA). 

In die tradisionele gemenereg hersieningsgronde vir ‘n vrywillige vereniging word wederregtelikheid, prosedurele onregverdigheid en irrasionaliteit ingesluit. Voor die inwerkingtreding van die grondwet is die reikwydte van vrywillige verenigings in gesagdraende uitsprake gevestig. Die Promotion of Administrative Justice Wet, Wet 3 of 2000 (PAJA) is van toepassing op enige administratiewe optrede geneem deur ‘n staatsliggaam of ‘n regspersoon in die afdwinging van ‘n openbare bevoegdheid of die uitvoering van ‘n openbare funksie.  Gevolglik val direkteure van huiseienaarsverenigings nie binne die reikwydte van PAJA nie.  Aan die ander kant, Artikel 39(2) van die Grondwet verplig howe, in die ontwikkeling van die gemenereg, om die gees, bedoeling en oogmerke  van die Handves van Menseregte in ag te neem.

Die beslissing in die aangeleentheid van Theron en Andere vs Ring van Wellington van die NG Sending Kerk in Suid-Afrika en Andere 1976 (2) SA 1 (A) het reeds bevestig dat ‘n redelikheids-toets gebaseer op rasionaliteit ‘n geoorloofde grond in die gemeneregtelike bevoegdhede van die howe daarstel om besluite van vrywillige verenigings te hersien. Die hof sal derhalwe ‘n hersieningsaansoek oorweeg wat gronde van onredelikheid insluit, in dat die besluit deur die direksie nie redelik gestaaf word deur die getuienis nie. Daar blyk geen verskil te wees in beginsel, vir doeleindes van hierdie skrywe, tussen gemeneregtelike hersieningsgronde van toepassing op vrywillige verenigings en die hersieningsgronde soos voorsien deur PAJA nie.

Verskeie uitsprake bevestig dat ‘n hof net sal ingryp met ‘n besluit deur direkteure van ‘n vrywillige vereniging waar die vereniging nie die beginsels van natuurlike geregtigheid, te wete wettigheid, prosedurele regverdigheid en redelikheid toegepas het nie. Laasgenoemde in die sin van ‘n rasionele nexus tussen die feite soos voorgelê en die oorwegings wat toegepas is in die neem van die besluit.

Waar die Memorandum van Inkorporasie of die reëls van die huiseienaarsvereniging ‘n formele proses voorskryf vir die verkryging van toestemming of instemming vir byvoorbeeld ‘n bouprojek, sal enige lid wie nie sodanige voorgeskrewe aansoek indien en aan die voorgeskrewe proses voldoen nie, selfs al is dit net vir die oprigting van ‘n heining, en wie nie die voorgeskewe goedkeuring voor die oprigting van die heining ontvang het nie, se sodanige opgerigte heining as “onwettig” beskou word.

Die Raad van Direkteure van enige huiseienaarsvereniging het ‘n verpligting om die Memorandum van Assosiasie of Memorandum van Inkorporasie en die reëls van die vereniging af te dwing en moet sodanig optree in belang van die landgoed en al die lede daarvan.

Enige bouprojek waarmee daar reeds aanvang geneem is of selfs afgehandel is sonder dat die formele voorgeskrewe proses gevolg is deur die huiseienaar, of dit aan die estetiese vereistes van die huiseienaarsvereniging soos voorgeskryf in die huiseienaarsvereniging se reëls voldoen al dan nie, is “onwettig” in dat die lid gebou het sonder om formeel aan die vereistes van die huiseienaarsvereniging te voldoen. Direkteure moet omsigtig ieder en elke sodanige bouprojek binne die jurisdiksie van die landgoed identifiseer, en in belang van al die lede van die huiseienaarsvereniging, lede wat geraak word nooi vir ‘n informele, vriendelike gesprek oor die verwydering of verdere toevoegings van die gebou of bouprojek, selfs al is dit net ‘n heining, en die tydperke vir sodanige optrede.

Dit is belangrik om daarop te let dat sulke lede steeds verplig is om die formele vereistes soos voorgeskryf deur die vereniging, na te kom. Sodanige aansoeke moet voorgelê word vir beslegting en terugwerkende goedkeuring deur die raad van direkteure, volgens die voorgeskrewe formele vereistes van die vereniging op voorwaarde dat alle voorgeskrewe vereistes ten volle nagekom is, selfs al is dit bloot esteties.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

So when am I authorised to act as trustee?

A4The Trust Property Control Act 57 of 1988 defines a trustee as meaning “any person (including the founder of the trust) who acts as a trustee by virtue of an authorisation under Section 6.” 

In the matter of Lupacchini vs Minister of Safety and Security (16/2010) [2010], ZASCA 108   (17 September 2010), the position of a trustee acting without the authorisation of the Master was considered, where that “trustee” authorised legal proceedings.

A trust that is established by a trust deed is not a legal person – it is a legal relationship of a special kind that is described by the authors of Honoré’s South African Law of Trusts[1] as “a legal institution in which a person, the trustee, subject to public supervision, holds or administers property separately from his or her own, for the benefit of another person or persons or for the furtherance of a charitable or other purpose.” 

Although the trust property vests in each trustee individually they have to act jointly unless the deed of trust provides otherwise. Their individual interests do not waive the requirement that they have to act jointly.

The consequence of the validity of an act that has taken place in conflict with a statutory prohibition has been considered in numerous cases, and depends on a proper construction of the particular legislation and the intention of the legislature.

The whole scheme of the act is to provide a manner in which the Master can supervise trustees in the proper administration of trusts, and their knowledge of Article 6(1) is essential to such purpose, and by placing a bar on trustees from acting as such until authorised by the Master, the Act endeavours to ensure that trustees can only act as such if they comply with the Act.

In the Kropman NO vs Nysschen[2] it was held that a court has the discretion to retrospectively validate acts of a trustee that are performed without the requisite authority. This proposition was in later cases rejected persuasively.

“Locus standi in Judicio” on the other hand is something else and does not depend on the authority to act but depends on whether the litigant is regarded by the court as having a sufficiently close interest in the litigation.

Although section 6(1) suspends a trustee’s power to act in that capacity he or she could have a sufficiently well-defined and close interest in the administration of the trust to have locus standi.

The essence of the prohibitory phrase in section 6(1), “… shall act in that capacity only if authorised thereto …”, must be interpreted to mean that a trustee may not, prior to the Masters authorisation, acquire rights for, or contractually incur liabilities on behalf of, the trust and is not intended to regulate questions of locus standi in iudicio.’

Legal proceedings commenced by unauthorised trustees and commercial transactions binding the trust are invalid and void.


[1] 5th ed (2002) by Edwin Cameron with Marius de Waal, Basil Wunsh and Peter Solomon para 1.

[2] 1999 (2) SA 567 (T) at 576F.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.