Monthly Archives: May 2014

Hantering van die huwelik en boedelbeplanning

A1Dit is belangrik om die wetlike implikasies van die huweliksgoedere-bedeling te verstaan.

Dit is veral  belangrik tydens die opstel van testamente asook by die aangaan van ‘n huwelik, aangesien die bedeling wat ter sprake is, die bates sal beïnvloed.

Die belangrikste vorme van huweliksgoedere-bedeling is die huwelik binne gemeenskap van goedere, die huwelik buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting van die aanwasbedeling, en die huwelik buite gemeenskap van goedere met die insluiting van die aanwasbedeling.

Huwelik binne gemeenskap van goedere

  1. Daar is geen vooraf kontraktuele ooreenkoms nie, afgesien van trou;
  2. Gades het nie twee afsonderlike boedels nie;
  3. Daar is ‘n gemeenskaplike boedel en elke gade het ‘n aandeel van 50% in elke bate in die boedel, ongeag in wie se naam dit geregistreer is;
  4. Dit geld vir die bates verkry voor die huwelik asook tydens die huwelik;
  5. Indien een gade skuld aangaan in sy/haar eie naam, sal sy/haar gade outomaties daardeur gebind word en ook aanspreeklik gehou word vir die skuld;
  6. Indien ‘n sekwestrasie plaasvind (in die geval van insolvensie), sal die gemeenskaplike boedel gesekwestreer word. 

Huwelik buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting van die aanwasbedeling

  1. ‘n Notariële huweliksvoorwaardekontrak (HVK) word  voor die sluiting van die huwelik opgestel deur ‘n prokureur (wat geregistreer is as ‘n notaris);
  2. Indien daar geen kontrak bestaan nie, sal die huweliksbedeling outomaties binne gemeenskap van goedere wees;
  3. Die waardes van elke gade se boedel by huweliksluiting word in hierdie kontrak vervat;
  4. ‘n Huwelik met ‘n HVK beteken dat al die eiendom wat deur die gades besit word voor die datum van huweliksluiting, die eiendom van die betrokke gade sal bly;
  5. Elke gade het volle beskikkingsreg oor sy/haar eie bates (met ander woorde sonder vooraftoestemming van die ander), alhoewel daar ‘n plig rus op elke gade om volgens sy/haar vermoë by te dra tot die gesamentlike huishoudelike uitgawes;
  6. Bates verkry in die loop van die huwelik sal slegs die uitsluitlike eiendom van een gade bly indien die aanwasbedeling uitdruklik deur die gades uitgesluit word.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met die insluiting van die aanwasbedeling

  1. Die huwelik buite gemeenskap van goedere sluit outomaties die aanwasbedeling in, tensy dit uitdruklik deur die gades in die HVK uitgesluit word;
  2. Eers met ontbinding van die huwelik tree die aanwasbedeling in werking en moet groei van elke gade se boedel vasgestel word.

BOEDELBEPLANNING

Skenkings tussen gades is vrygestel van skenkingsbelasting asook boedelbelasting.

Huwelik binne gemeenskap van goedere

  1. In die geval van die dood van ‘n eggenoot het die langslewende gade ‘n eis vir 50% van die waarde van die gesamentlike boedel en word die werklike waarde van die boedel derhalwe  verminder met 50%. Die boedel word eers verdeel nadat al die skuld vereffen is (begrafniskoste en boedelbelasting word hierby uitgesluit, aangesien die oorledene en nie die gemeenskaplike boedel nie, hiervoor aanspreeklik is).
  2. By die opstel van ‘n testament is dit belangrik dat gades wat getroud is binne gemeenskap van goedere, bewus moet wees daarvan dat hy/sy slegs die helfte van ‘n bate bemaak.
  3. By die dood van ‘n eggenoot word alle bankrekenings gevries (selfs al is die rekenings slegs in een van die gades se naam). Dit kan ‘n invloed hê op likiditeit.
  4. Skenkings of erflatings aan iemand getroud binne gemeenskap van goedere kan ook uitgesluit  word van die gemeenskaplike boedel. Die skenker kan met ander woorde bepaal dat die skenking nie binne die gemeenskaplike boedel moet val nie. Die ontvanger daarvan sal dan ‘n afsonderlike    boedel kan opbou maar die opbrengs van sodanige afsonderlike bates sal weer binne die gesamentlike boedel val.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting van die aanwasbedeling

Elke boedelbeplanner (gade) behou besit van bates wat voor die huwelik verkry is.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met die insluiting van die aanwasbedeling

‘n Skenking van een gade aan die ander gade word uitgesluit by die berekening van elke gade se aanwas. Die ontvanger van die geskenk kan dit met ander woorde nie in berekening bring wanneer die groei van sy/haar aanwas vasgestel word nie en die skenker se aanwas word outomaties verminder met die skenkingsbedrag.

EGSKEIDING

In die geval van egskeiding word die huwelik ontbind deur ‘n hofbeslissing en sal die hof dan aspekte soos onderhoud vir ‘n kind, kontak (toegang), voogdyskap en sorg (toesig), onderhoud vir die gade, die verdeling van bates, verdeling van pensioenbelange, ensovoorts bepaal. 

SAAMWOON EN DIE DEFINISIE VAN ‘GADE’

“Saamwoon” word gedefinieer as ‘n stabiele, vaste verhouding waar ‘n paartjie wat nie wil of kan trou nie, saamleef as gades. Die Wysigingswet op Belastingwet het die definisie van “gades” uitgebrei deur ook in te sluit “a same sex or heterosexual union which the Commissioner is satisfied is intended to be permanent”.

Verskeie stukke wetgewing soos die Wysigingswet op Pensioenfondse en Wysigingswet op die Belastingwet, definieer “gade” om ook ‘n lewensmaat in ‘n saamwoonverhouding, in te sluit. Die effek is  dat saamwoon-lewensmaats voordeel trek uit die artikel 4(q)-boedelbelastingaftrekking soos bepaal in die Boedelbelastingwet, en die skenkingsbelastingvrystelling van die Inkomstebelastingwet.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Verandering van huwelikstatus na ’n ander vorm van huwelikskontrak

A4Artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere Nr 88 van 1984 bepaal dat ‘n man en vrou gesamentlik by die hof kan aansoek doen om verlof om die huweliksgoederebedeling wat van toepassing is op hulle huwelik, te verander.

Vereistes

Die hofuitspraak van Lourens et Uxor 1986(2) SA 291 (C) stel riglyne daar wat die hof moet volg met betrekking tot aansoeke kragtens artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere.

Die Wet bevat die volgende vereistes waaraan partye moet voldoen om hul huweliksgoederebedeling te verander:

  • Daar moet goeie redes vir die voorgestelde verandering bestaan.

Volgens die Suid-Afrikaanse reg moet partye wat buite gemeenskap van goedere getroud wil wees ‘n voorhuwelikse kontrak aangaan voordat die huwelik gesluit word. Indien hulle versuim om dit te doen, is hulle outomaties getroud binne gemeenskap van goedere. Natuurlik is daar baie mense wat onbewus is van hierdie bepaling, dus moet hulle in staat wees om die hof te oortuig dat hul huweliksgoederebedeling verander moet word indien dit hul uitdruklike voorneme was dat hulle buite gemeenskap van goedere getroud wou wees.

  • Voldoende kennis van die voorgestelde wysiging moet gegee word aan alle skuldeisers van die gades.

Die Wet vereis dat kennisgewing van die partye se voorneme om hul huweliksgoederebedeling te verander aan die Registrateur van Aktes gegee moet word, dat dit in die Staatskoerant en twee plaaslike koerante gepubliseer moet word ten minste twee weke voor die datum waarop die aansoek aangehoor sal word, en dat dit per gesertifiseerde pos aan al die bekende skuldeisers van die gades gestuur moet word. Verder moet die konsep Notariële Kontrak/ Huweliksvoorwaardekontrak wat die partye wil laat registreer, by hul aansoek aangeheg wees.

  • Die hof moet oortuig wees dat geen ander persoon benadeel sal word deur die voorgestelde verandering nie.

Die hof moet tevrede wees dat die regte van skuldeisers van die partye nie beswaar word in die voorgestelde kontrak nie. Die aansoek moet dus voldoende inligting bevat oor die partye se bates en laste om die hof in staat te stel om te bepaal of daar goeie redes bestaan vir die voorgestelde verandering en of enige bepaalde persoon deur sodanige verandering benadeel sal word al dan nie. Sodra die hof tevrede is dat daar aan die vereistes voldoen is, kan dit gelas dat die bestaande huweliksgoederebedeling nie meer van toepassing is op hul huwelik nie en hul magtig om ‘n Notariële Kontrak/Huweliksvoorwaardekontrak te laat registreer waardeur hulle toekomstige huweliksgoederebedeling op sodanige voorwaardes as wat die hof goeddink, gereguleer gaan word.

Daar moet ook duidelik gestel word of een van die partye nie in die verlede gesekwestreer is nie, en indien wel, wanneer en in watter omstandighede. Die saaknommer van enige rehabilitasie-aansoek moet ook verstrek word.

Verder moet gestel word of daar enige hangende regsgedinge is waar ‘n skuldeiser poog om beweerde skuld verskuldig deur die egpaar of een van die twee, in te vorder.

Daar moet sorg gedra word dat die voorgestelde verandering in die bestaande huweliksgoederebedeling volledig gemotiveer word. Aansoekers moet verduidelik hoekom geen ander persoon benadeel sal word deur die voorgestelde verandering nie. In elk geval moet die bevel waarvoor gevra word en die konsep Notariële Kontrak/ Huweliksvoorwaardekontrak wat geregistreer moet word, ‘n bepaling bevat wat die regte van reeds bestaande krediteure beskerm.

Die aansoek moet bekend maak waar die partye gedomisilieerd is. Indien daar ‘n onlangse verandering in domisilie of verblyf was, moet dit so openbaar gemaak word dat die hof kan oorweeg of die aansoek in die gepaste forum gebring is en of bykomende kennis van die aansoek gegee moet word al dan nie. Gewoonlik word die aansoek gebring in die hof in wie se regsgebied die partye gedomisilieerd en gewoonlik woonagtig is.

Die negatiewe sy

Ongelukkig is die aansoek  duur omdat albei gades aansoek moet bring in die Hooggeregshof op kennisgewing aan die Registrateur van Aktes en aan alle bekende krediteure, om verlof te kry om ‘n Notariële Kontrak/Huweliksvoorwaardekontrak te registreer wat die effek sal hê van ‘n nahuwelikse kontrak wat na registrasie die egpaar se nuwe huweliksgoederebedeling sal reguleer.

Die goedkoopste en beste opsie vir verloofde paartjies is om ‘n prokureur of notaris voor huweliksluiting te gaan sien ten einde ‘n behoorlike Huweliksvoorwaardekontrak te laat opstel wat die huweliksgoederebedeling van die egpaar sonder enige verwarring reguleer.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Transfer of a property: Is VAT or transfer duty payable?

A2A Purchaser is responsible for payment of transfer cost when acquiring an immovable property, but it should further be established if the transaction is subject to the payment of VAT or transfer duty to SARS.

When an immovable property is transferred, either VAT or transfer duty is payable.

To determine whether VAT or transfer duty is payable one should look at the status of the seller and the type of transaction.

VAT

If the seller is registered for VAT (Vendor) and he sells the property in the cause of his business, VAT will be payable to SARS. A vendor is a person who runs a business and whose total taxable earnings per year exceed R1 000 000. He will then have to be registered for VAT. A further stipulation is that the property that is being sold must be related to his business from which he derives an income.

The Offer to Purchase should stipulate whether the purchase price includes or excludes VAT. If the Offer to Purchase makes no mention of the payment of VAT and the seller is a VAT vendor, it is then deemed that VAT is included and the seller will have to pay 14% of the Purchase price to SARS. It is the seller’s responsibility to pay the VAT to SARS, except if the contract stipulates otherwise.

When a seller is not registered for VAT, but the purchaser is a registered VAT vendor, the purchaser will still pay transfer duty but can claim the transfer duty back from SARS after registration of the property.

Transfer duty

When the seller is not a registered VAT vendor it is almost certain that transfer duty will be payable on the transaction. A purchaser is responsible for payment of the transfer duty. Transfer duty is currently payable on the following scale:

  1. The first R600 000 of the value is exempted from transfer duty.
  2. Thereafter transfer duty is levied at 3% of the value up to R1 000 000.
  3. From R1 000 001 to R1 500 000, transfer duty will be R12 000 plus 5% on the value above R1 000 000.
  4. On R1 500 001 and above transfer duty is R37 000 plus 8% of the value above R1 500 000.

Transfer duty payable by an individual or a legal entity (trust, company or close corporation) is currently charged at the same rate.

Transfer duty is levied on the reasonable value of the property, which will normally be the purchase price, but should the market value be higher than the purchase price, transfer duty will be payable on the highest amount. Transfer duty is payable within six months from the date that the Offer to Purchase was signed.

In instances where a party obtains a property as an inheritance or as the beneficiary of a divorce settlement, the transaction will be exempted from payment of transfer duty.

Where shares in a company or a member’s interest in a close corporation or rights in a trust are transferred, the transaction will be subject to payment of transfer duty if the legal entity is the owner of a residential property.

Zero-rated transactions

This means that VAT will be payable on the transaction but at a zero rate. If both the seller and the purchaser are registered for VAT and the property is sold as a going concern, VAT will be charged at a zero rate, for instance when a farmer sells his farm as well as the cattle and the implements.

Exemption

Transfer duty, and not VAT, will be payable when a seller who is registered for VAT sells a property that was leased for residential purposes.

It is thus important for a purchaser to establish the status of the seller when buying a property. The seller who is registered for VAT should carefully peruse the purchase price clause in a contract before signing, to establish if VAT is included or excluded.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice. 

Opvolgbeplanning

A3Die besit van ‘n besigheid vereis noukeurige opvolgbeplanning en is deel van jou boedelbeplanning, omdat jy moet bepaal wie jou gaan opvolg, of wie jou aandele gaan koop, of wie geregtig sal wees op die inkomste na jou dood. Die toekomstige eienaarskap van jou besigheid is op die spel.

‘n Vennootskap word outomaties ontbind by die dood van ‘n vennoot en die oorblywende vennote moet dan die vennootskap ontbind en die bates onder mekaar verdeel.

In die geval van ‘n Maatskappy mag die aandeelhouers ooreenkom dat:

  1. Die oorblywende aandeelhouers ‘n reg van eerste weiering het om die oorlede aandeelhouer se aandeelhouding te koop, in teenstelling met ‘n bemaking in ‘n testament.
  2. Die toekoms van eienaarskap of aandele gereguleer kan word deur ‘n skriftelike ooreenkoms tussen aandeelhouers en word na verwys as ‘n “koop- en verkoopooreenkoms”, wat ‘n invloed het met die dood van ‘n vennoot of aandeelhouer.
  3. Die koop- en verkoopooreenkoms verplig die eksekuteur van die oorledene om die aandele aan te bied teen ‘n voorafbepaalde prys, en lewenspolisse tussen aandeelhouers onderling dek gewoonlik die koopprys. Die oorblywende aandeelhouers is verplig om te koop.
  4. Die oorblywende aandeelhouers is die begunstigdes van die lewenspolis op die lewe van die oorledene en gebruik dit om die aandele te koop, normaalweg pro rata tot die aandele wat hulle reeds besit.
  5. Koop- en verkooppolisse val buite die boedel van die oorledene en die opbrengs is nie onderhewig aan boedelbelasting nie, op voorwaarde dat die volgende drie vereistes nagekom is:
    • Geen van die premies moes betaal gewees het deur die oorledene self nie:
    • Die aandeelhouers-verhouding moet bestaan ten tye van die dood;
    • aar moet ‘n skriftelike ooreenkoms wees.
  6. Wanneer die vaardighede en kennis van ‘n vennoot essensieel is vir die voortbestaan van die besigheid, kan “sleutelmanversekering” uitgeneem word op die lewe van sodanige aandeelhouer of vennoot. Die premies word betaal deur die besigheid en die opbrengs word betaal aan die besigheid self om finansiële verlies te voorkom of om ‘n plaasvervanger aan te stel en op te lei. 

In die geval van ‘n eenmansaak behoort opvolgbeplanning in die Testament behandel te word.

  1. Die volledige waarde van die besigheid vestig in die bestorwe boedel.
  2. Beplanning is essensieel omdat die besigheid by dood termineer, alhoewel die eksekuteur dit mag verkoop as ‘n lopende saak.
  3. Dis ‘n goeie plan om ‘n reg van eerste weiering te gee aan ‘n vennoot, wat dan die besigheid en intellektuele kapitaal na die dood kan koop.
  4. ‘n Lewenspolis kan uitgeneem word waarin die eienaar se lewe verseker is, die vennoot die begunstigde is en die opbrengs by dood aangewend word om die besigheid te koop.
  5. Dit is voor die hand liggend dat beplanning die voordeel vir die boedel verhoog, in teenstelling met die sluiting van die besigheid waar die bates veel minder werd sal wees. 

Deurlopende opvolgbeplanning moet deel wees van jou besigheidstrategie om te verseker dat jou harde werk die regte persone bevoordeel.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.