Monthly Archives: December 2014

Wie is aanspreeklik vir die skade in ‘n motorongeluk?

A3Wat gebeur met my motor nadat ek betrokke was in ‘n ongeluk en wie is verantwoordelik vir die skade?

Bo en behalwe die emosionele en finansiële spanning wat dit vir die persoon en sy familie veroorsaak, is daar ‘n hele paar regsbeginsels wat van toepassing is.

Die mees prominente regsveld wat van toepassing is as mense betrokke is in ‘n motorongeluk is dié van deliktereg. Deliktereg speel ‘n belangrike rol in die bepaling van wie aanspreeklik is vir die skade, indien enige. As die skade veroorsaak is as gevolg van die opsetlike of nalatige handeling of versuim van iemand anders (die derde party), sal daardie persoon gewoonlik aanspreeklik wees vir die skade wat die motoreienaar gely het. Daar is wel sekere verwere tot die beskikking van die derde party, maar dit val buite die bestek van hierdie artikel.

Die versekeringsreg kan ook hierin ‘n groot rol speel indien die motoreienaar versekering het. Die leerstuk van subrogasie sal hier van toepassing wees. Dit is ‘n aanvaarde beginsel in die versekeringsreg dat wanneer ‘n versekeraar ‘n versekerde volledig vrywaar teen verlies wat deur ‘n derde party veroorsaak is, is die versekeraar geregtig om in die naam van die versekerde die skade van die derde party te verhaal. Die beleid onderliggend aan hierdie leerstuk is om te verhoed dat die versekerde dubbele vergoeding ontvang vanaf sowel die versekeraar as die derde party.

Vanuit ‘n prosedurele oogpunt verkry die versekeraar die reg om regstappe in die versekerde se naam teen die derde party in te stel indien die versekerde steeds ‘n onbevredigde eis teen die derde party het. Hierdie beginsel veroorsaak dat die versekeraar dominus litis (meester in die geding) word, maar net in naam en ten behoewe van die versekerde. Die versekeraar word geregtig daarop om die verrigtinge in die naam van die versekerde te voer met die voorbehoud dat die versekeraar die versekerde volledig moes gevrywaar het en hom of haar ook moes gevrywaar het teen die risiko van regskoste wat uit die verrigtinge mag onstaan. Die versekeraar het geen onafhanklike eis teen die derde party nie, maar dwing net die versekerde se eis af vir die versekeraar se eie voordeel.

Om op te som, die motoreienaar sal self die derde party aanspreeklik kan hou mits hy nie versekering het nie. Indien hy wel het, en hy eis die skade van die versekering, sal die versekering die skade van die derde party verhaal in die naam van die versekerde. Die verhouding tussen die versekerde en die versekering is ‘n kontraktuele verhouding en indien enige van die partye versuim om hulle pligte na te kom, kan hulle aanspreeklik gehou word op grond van kontrakbreuk.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Inter-vivos Trusts en Testamentêre Trusts

A2Daar bestaan heelwat onkunde oor die gebruik van trusts tydens erflatings. Hierdie artikel poog om lig op hierdie belangrike kwessie te werp.

‘n Inter-Vivos Trust staan ook bekend as ‘n lewende of familietrust omdat dit gedurende jou leeftyd opgerig word. ‘n Trust is ‘n ideale langtermynstruktuur om bates van geslag tot geslag te beskerm terwyl dit Boedelbelasting bespaar. Boedelbelasting is die heffing wat betaalbaar is op jou totale bates by jou afsterwe.

Wanneer bates in ‘n Trust gekoop of na ‘n Trust oorgedra word, vind kapitaalgroei binne die Trust en dus buite jou boedel plaas. Dit beteken gevolglik dat die bates binne die Trust kan groei en nie hoër Boedelbelasting vir jou boedel tot gevolg sal hê nie.

Dit word aanbeveel om groeibates na ‘n Trust oor te dra deur dit aan die Trust te verkoop of te skenk.

Die waarde van die bate(s) wat aan die Trust verkoop word, sal dan in die vorm van ‘n leningsrekening deur die Trust aan jou (of jou boedel) verskuldig wees. Die waarde van die leningsrekening kan egter jaarliks suksesvol met R100 000 verminder word deur die jaarlikse vrygestelde bedrag van Skenkingsbelasting aan die Trust oor te betaal. Die Trust betaal dan die bedrag van die skenking aan jou terug ter gedeeltelike delging van die leningsrekening wat aan jou verskuldig is.

‘n Ander groot voordeel van ‘n Inter-Vivos Trust is dat dit beskerming bied indien jy gedagvaar sou word, omdat die bates in die Trust uitgesluit sal wees van sodanige eise. Die grootste nadeel van ‘n Trust is waarskynlik die feit dat jy volle beheer oor jou bates verloor. Jy as oorspronklike eienaar word nou ‘n mede-trustee en moontlik een van die begunstigdes van die Trust. Die mede-trustees het dus ook nou ‘n sê oor die bates wat aanvanklik 100% deur jou beheer en bestuur was.

‘n Testamentêre Trust, anders as ‘n Inter-Vivos Trust, word opgerig ingevolge iemand se testament en word eers geaktiveer wanneer die persoon te sterwe kom. Die hoofdoel van ‘n Testamentêre Trust is om die belange van begunstigdes (in baie gevalle minderjariges) te beskerm.

Die Trustees van die Testamentêre Trust verkry beheer oor die bates en bestuur en administreer die bates dan in terme van die bepalings van die Testamentêre Trust tot voordeel en in die beste belang van die begunstigdes.

Dit word aanbeveel dat die persoon(e) wat as Voog(de) van minderjarige kinders benoem word ten minste een van die Trustees van die Testamentêre Trust behoort te wees.

Anders as Inter-Vivos Trusts wat vir onbepaalde tydperke kan voortduur, word Testamentêre Trusts normaalweg beëindig sodra die trustbegunstigde(s) die ouderdom bereik wat in terme van die testament voorgeskryf word. Sou u besluit om ‘n Trust op te rig of in u testament in te sluit, sal dit wys wees om ‘n kenner hieroor te raadpleeg ten einde moontlike slaggate te vermy.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Onderhoud

A4Wat kan gedoen word om ‘n onderhoudsbevel af te dwing teen ‘n persoon wat verantwoordelik is daarvoor om onderhoud te betaal, maar versuim om dit te betaal of te min betaal?

Indien ‘n persoon wat verplig is om onderhoud te betaal, dit nie doen nie, kan die persoon wat geregtig op onderhoud is ‘n klag by die Onderhoudsbeampte van die geskikte landdroshof aanhangig maak. Die Onderhoudsbeampte moet dan die klagte ondersoek en kan dan ‘n ondersoek instel in ‘n onderhoudshof. Die Onderhoudsbeampte, en nie die klaer nie, maak die finale beslissing of ‘n ondersoek  ingestel moet word al dan nie.1 Tydens die ondersoek kan die Onderhoudsbeampte enige verklarings of enige relevante inligting met betrekking tot die betaling van onderhoud versoek. ‘n Ondersoek kragtens die Wet op Onderhoud kan in kort gedefinieer word as ‘n proses wat mense bemagtig om hul regte en dié van hul kind(ers) op die Staat se onkoste af te dwing. Gedurende die onderhoudsondersoek kom die partye gewoonlik tot ‘n ooreenkoms en versoek om die verrigtinge te onttrek of versoek dat die terme van die ooreenkoms ‘n bevel van die hof gemaak word. Hierdie bevel kan nie verontagsaam word deur die partye nie.2 Indien die partye nie tot ‘n ooreenkoms kan kom rakende die bepalings in terme van onderhoud nie, sal die aangeleentheid na die onderhoudshof verwys word.

Indien die hof ‘n onderhoudsbevel toestaan kragtens die Wet, en sodanige persoon versuim om enige betaling ooreenkomstig die bevel te maak, moet die klaer die bevel afdwing deur:

1) eksekusie teen eiendom;

2) ‘n besoldigingsbeslagbevel; of

3) skuldbeslaglegging.

Indien onderhoudsgelde in terme van ‘n onderhoudsbevel kragtens die Wet uitstaande bly vir ‘n tydperk van tien dae vanaf die dag waarop die bedrag betaalbaar was of van wanneer die bevel toegestaan is, kan die persoon ten gunste van wie die bevel gemaak is in die onderhoudshof aansoek doen vir die volgende:

1) die uitreiking van ‘n lasbrief vir eksekusie, 2) die uitreiking van ‘n besoldigingsbeslagbevel of 3) ‘n bevel vir skuldbeslaglegging. Die aansoek moet vergesel word van ‘n afskrif van die oorspronklike onderhoudsbevel of ander bevel en ‘n eedverklaring wat vasstel wat die uitstaande onderhoudsbedrag is.3

‘n Persoon wat verplig is om onderhoud te betaal en versuim om dit te doen, kan skuldig bevind word aan ‘n misdryf wat strafbaar is met ‘n boete of gevangenisstraf. Die staatsaanklaer kan die hof nader vir ‘n beslissing dat die agterstallige onderhoud betaal moet word, tesame met of in plaas van die uitvoering van ‘n boete of tronkstraf.4

Met die aansoek van die staatsaanklaer en addisioneel tot of in plaas van die oplegging van ‘n straf, kan die hof ‘n bevel uitreik aan enige persoon wat  skuldig is aan versuim om ‘n betaling te maak ooreenkomstig ‘n onderhoudsbevel, vir die invordering vanaf daardie persoon van die bedrag wat hy of sy versuim het om te betaal, plus enige rente.5

In die geval waar jy in die situasie geplaas word waar jou vorige gade nie die onderhoudsbevel nakom nie, sal jou beste opsie wees om die Onderhoudsbeampte te nader om die uitstaande bedrae te bereken. Daarna, as die persoon steeds versuim om die betaling te maak, kan ‘n prokureur genader word om voort te gaan met die uitvoering van die bevel, indien die persoon voldoende roerende of vaste eiendom besit, of ‘n besoldigingsbevel teen die persoon kry wat op die werkgewer van die persoon beteken word, of die onderhoudshof kan genader word vir ‘n bevel vir die beslaglegging van enige skuld wat, nou of toekomstig, aan die persoon verskuldig is.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

____________________________________

1Die Wet op Onderhoud 99 van 1998.

2Young v Young 1985(1) SA 782 (C).

3 Die Wet op Onderhoud 99 van 1998.

4 Ibid.

5 Ibid.

Can somebody take the law into his/her own hands?

A1The mandament van spolie is a summary remedy, usually issued upon urgent application, aimed at restoring control of property to the applicant from whom it was taken through unlawful self-help, without investigating the merits of the parties’ rights to control.

From the definition above it is evident that this remedy is unique, because it is not used to protect rights at all. The mandament van spolie is a unique remedy aimed at undoing the results of the taking of property by means of self-help. The idea is that people should enforce and protect their property rights by legal means and procedure, and not by self-help and force, because self-help eventually results in chaos and anarchy. For this reason it is usually said that this remedy is based upon the principle that nobody is allowed to take the law into his/her own hands. Due to its aim of restoring peace and order and discouraging self-help, the spoliation remedy does not investigate the merits of any of the parties’ interest in the property and neither of the parties is allowed to raise the question of rights. The court is simply concerned with the factual investigation, namely whether there is proof of existing control and proof of unlawful spoliation of that control. If there was in fact existing control and unlawful spoliation the court will order the spoliator to restore the spoliated control to the applicant immediately, regardless of whether that control was in fact unlawful or even legal.

The spoliation remedy is aimed at preserving peace and order in the community. People cannot be permitted to circumvent the remedy by contract. Parties to a contract cannot agree that one of them will be permitted to take property from the other without proper legal procedure. The requirements for this remedy were set out in two classic decisions that are still the most important authorities in this regard, namely Nino Bonino v De Lange 1906(T) and Yeko v Qana 1973(A).

a)      Proof that the applicant was in peaceful and undisturbed control of the property. The first requirement means that the applicant had control over the property in question. For purposes of the spoliation remedy this control must have existed “peacefully and undisturbed” for a period long enough, and in a manner stable enough, to qualify any unlawful disturbance of the peace. The requirement that the control must have been peaceful and undisturbed does not refer to its legal merits, but simply to the fact that it must have been relatively stable and enduring. If not, there can hardly be a question of disturbance of the situation.

b)      Proof that the respondent took or destroyed that control by means of unlawful self-help or spoliation. The second requirement for the spoliation remedy is that the existing peaceful and undisturbed control must have been unlawfully spoliated by the respondent.

One can, therefore, safely say that possession is 90% of the law. The reason for this is that spoliation is not permitted in our law. The person must use the legal processes at his disposal and cannot take the law into his own hands.

References:

A J van der Walt & G J Pienaar: Introduction to property law, 5th edition, pg 218-223.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.