Tag Archives: ouers en kinders ‘n wedersydse onderhoudsplig.

Onderhoud: Nie net vir minderjariges nie

A4Wanneer die woord “onderhoud” genoem word, dink baie mense aan vroue wat onderhoud vir minderjarige kinders eis of alternatiewelik, vroue wat vir onderhoud van hul gewese mans eis. In hierdie artikel sal ons egter ‘n ouer se onderhoudseis teen hul volwasse kinders bespreek.

Mike Larry het ‘n dagvaarding van die Onderhoudshof ontvang om drie weke later vir ‘n onderhoudsaak te verskyn, maar Mike het geen vrou of kinders nie en het verward gewonder of die Hof dalk ‘n fout gemaak het. Mike het die Onderhoudshof bygewoon om uit te vind of daar dalk ‘n fout in die dokumentasie was. Wat hy uitgevind het, het sy moed laat sak en kort daarna sy bankrekening ook.

Mike se vader, Jermaine, het ‘n aansoek voor die Onderhoudshof gebring vir onderhoud vanaf Mike, aangesien hy geen werk gehad het nie en dus geen inkomste nie. Mike het sy prokureur gevra of dit moontlik is, en die antwoord was bevestigend.

Volgens die Wet op Onderhoud 99 van 1998 het ouers en kinders ‘n wedersydse onderhoudsplig. ’n Kind het ‘n plig om sy ouers en grootouers te onderhou, maar dit is altyd onderworpe aan die reël dat ondersteuning eerste van die naaste familielid geëis moet word. Die basis van ‘n kind se plig om sy ouers te onderhou is gegrond in die gevoel van pligtigheid of filiale jammerte (met betrekking tot of vanaf ‘n seun of dogter). In sekere omstandighede kan selfs ‘n minderjarige kind ‘n plig hê om sy ouers te onderhou. ‘n Ouer wat onderhoud van ‘n kind eis, moet sy of haar behoefte bewys, asook die kind se vermoëns om hom/haar te ondersteun. ‘n Strenger maatstaf van nood is op ouers as kinders toegepas; hulpbehoewendheid van ‘n ouer is hiervoor ‘n vereiste.

Die owerhede het nie heeltemal duidelikheid oor bogenoemde nie. In Oosthuizen v Stanley het die Hof van die “kwaliteit en toestand van die persone wat ondersteun moet word” gepraat. In dieselfde saak is daarop gedui dat waar ‘n ouer ondersteun moet word, dit nie net die ouer se eie behoeftes is nie, maar ook dié van die ouer se afhanklikes wat in ag geneem moet word. In van Vuuren v Sam Rabie het die regter na dieselfde maatstaf verwys, maar het beklemtoon dat die ondersteuning van ouers tot die basiese behoeftes beperk moet word, naamlik kos, klere, skuiling, medisyne en sorg in tye van siekte. Ter ondersteuning hiervan het die Regter verwys na Surdus v Surdus en gesê dat, in die beoordeling van die kwaliteit en toestand van die persoon wat ondersteun moet word se lewe, dit hoofsaaklik sy huidige en nie sy vorige situasie is nie wat oorweeg moet word, maar dat die Regter sy eie diskresie moet uitoefen in die bepaling hiervan. Byvoorbeeld, ‘n ouer wat voorheen ryk was en nou deur moeilike tye gegaan het, moenie verplig wees om arm-manskos te eet nie. Daar is aangevoer dat die maatstaf van behoefte nie so streng vertolk moet word dat dit die hele konsep van ‘n wedersydse verpligting vernietig nie.

Die volgende kan ook oorweeg word wanneer ‘n ouer aansoek doen om onderhoud vanaf sy/haar kind:

1. Broers en susters;
2. Ekstra inkomste; en
3. Lewenskwaliteit.

In terme van die gemenereg het ‘n buite-egtelike kind ‘n plig om sy/haar ma te onderhou, maar of die pa ondersteun moet word, moet nog beslis word. Daar kan egter aangevoer word dat ‘n buite-egtelike kind aanspreeklik kan wees om sy/haar pa te onderhou in terme van Artikel 16 van die Kinderwet 38 van 2005.

Ten slotte, as jy voel dat jy onregverdig vir ‘n onderhoudseis geteiken word, raadpleeg beslis jou prokureurs sodat hulle jou kan inlig oor jou regte en verantwoordelikhede.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.